‘n God of …

Martin Rees, ‘n 68 jarige astrofisikus en vorige voorsitter van Britain’s Royal Society het Woensdag die Templeton (John Templeton Foundation) prys van $1.6mil gewen. Hy het die gesogte prys gewen in erkenning van sy werk op die vraagstukke om die bestaan van die heelal en oorsprong van lewe. Rees is veral bekend as kenner op black holes en die Big Bang teorie. Die Templeton prys is ‘n godsdiens prys. Rees is nie ‘n aanhanger/volger van enige geloof nie.

Een van die moeilike vrae wat hy aangespreek het in sy tyd by die Royal Society is die oënskynlike perfekte balans van die elemente en samestelling van die fisiese sodat dit standhoudend is vir die mensdom. Volgens hom is dit opmerklik hoe sensitief die balans is en dat verandering aan enige van die sogenaamde “universal constants” ons aarde onbewoonbaar sal maak. Alles is basies perfek in balans vir ons bestaan.

In een van sy boeke, Just Six Numbers, spreek hy die onderwerp aan. Dit verskyn so in die berig:

“Rees argued that the perfect tuning was neither a mere accident nor the act of a benign creator. Instead, he said, “an infinity of other universes may well exist” where the constants are set differently. Some would be too sterile to support life, others too short-lived. Ours happens to be just right.”

En dan voeg hy by:

“”It is still a conjecture,” Rees cautioned, albeit one he said was being taken increasingly seriously.”

Opmerklik hoe oor die eeue van die mees intellektueel begaafde mense se konklusie om die vraagstuk opeindig in ‘n doodloop. Die konklusie is meeste van die tyd die bestaan van ‘n Groter Wese of ‘n parallele heelal.

 

Sien die berig in USA Today.