Heldinne Van Die Reformasie


Katharine von Bora

Die rol van die man en die vrou is deesdae bietjie van ‘n teersaak, nie net in die kerke nie, maar in alle aspekte van die wêreld. Watookal jou opinie op die onderwerp is een ding wat daar nie te veel oor gestrei word is dat mans en vrouens verskillend is. Dit is baie interresant om bietjie terug te kyk na die rolle wat vrouens gespeel het – selfs verder terug as vrouens soos Florence Nightingale.

‘n Baie interresante artikel in Resurgence kyk na die vroue van die Reformasie. Hierdie was ‘n tyd van die groot kanonne in die kerk soos Calvin, Luther, Cranmer en nog vele van dieselfde kaliber. Wat van die vrouens? In die artikel Awesome Woman of the Reformation deur Justin Holcomb noem hy van die heldinne van die era:

Katherine von Bora – ‘n Non wat later getrou het met Luther. Sy was bekend vir haar sin van humor, skerp tong en hardkoppigheid gelykstaande aan Luther sin.  Luther het haar “My Lord Katie” genoem.

Elisabeth Cruciger – Sy het aanvanklik haar tyd spandeer in ‘n klooster in Treptow. In 1522 of 1523 verlaat sy die klooster en trou met Caspar Cruciger (1524), hierdie is die eerste Protestante huwelik. As goeie vriendin van Katherine Luther is sy gereeld betrokke by Luther en Philip Melanchthon se “tafel debatte”. Sy skryf in 1524 die eerste Protestante gesang – wat baie kontroversiëel was siende dat vrouens nie normaalweg hierdie rol vervul het in daardie dae.

Jeanne d’Albert – Die koningin van Navarre en ‘n invloedryke leier van die Hugenote in Frankryk. Sy belyn haarself met Calvin en probeer om die skeiding tussen die Katolieke en die Protestante te oorbrug. As Protestant wys sy simpatiek teenoor die Katolieke en weier om teen hul op te tree.

Marie Dentière – Sy vlug uit ‘n klooster in Tournai na sy die leering uit die reformasie aanvaar (onwettig in beide die klooster en die staat se oë). In Strasbourg trou sy met ‘n priester, Simon Robert, en saam met hom versprei hul die reformasie na die area om Geneva. Na Robert wegval trou sy met Antoine Froment, self ‘n volger van die reformasie. In Geneva praat sy op straathoeke en in kroeë oor die reformasie. Geneva word later ‘n Protestante republiek. Sy het ook ‘n boek geskryf waarin sy die Geneva reformasie vervat.

Jane Grey – Op ‘n ouderdom van 16 weer die koningin druk af om haar te oortuig van Rome (Katolieke). Sy maak haar stand, succesvol, teen ‘n professor twee maal haar ouderdom op grond van teologies en Bybelse leering.

Olimpia Fulvia Morata – Haar pa, ‘n leerder van Calvin en Luther, moet vlug uit hul stad na die noorde van Italië. Olimpia floreer in haar Latyns en Grieks gedurend haar studies. Sy skryf aan alle gehore, aan die geleerdes en akademici skryf sy in Latyns en aan die minder geleerde vrouens in Italiaans. ‘n Stuk uit Dialogue between Theophilia and Philotima maak sy die punt dat geen sonde tussen ons en God kan staan nie:

“Don’t be afraid … No odor of sinners can be so foul that its force cannot be broken and weakened by the sweetest odor that flows from the death of Christ, which alone God can perfume. Therefore seek Christ.”

Elkeen van die vrouens, en soveel ander, het ‘n rol gespeel in die Reformasie. Hulle dien met oorvloed, vasberadenheid en oortuiging tot die uitbereiding van die koninkryk in dae van ‘n vervalle mensdom.