Sermon Hymns: The Gospel of Jesus Christ

Ruim ‘n tydjie in en kyk hierdie video. Dit is sonder enige twyfel die 11 minuute werd.

– vanaf Sermon Hymns

Advertisements

Heidelbergse Kategismus, Sondag 4 – ‘n Muur te Hoog

Sondag 2 en Sondag 3 wys dat ons sondig is en dat God ons nie so geskep het nie; ons kom agter dat dit as gevolg van die sondeval is dat ons dié sondige natuur het. Sondag 2 spesifiek spreek aan die manier wat die Wet vir ons wys dat ons in die verkeerd is, in alle opsigte.

So as ons nie kan goed doen nie (buiten as nuwe skepsel deur die Heilige Gees), hoekom hierdie maatstaf? Dit is soos om by die Olimpiese Spele te kom en dan die hoogspring lat te sit op 73,42 meter of om vir Donald Trump te vra om sy hare te sny.

Vraag: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie?

Antwoord: Nee, want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen. Maar die mens het homself en sy hele nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel en deur moedswillige ongehoorsaamheid van hierdie gawes beroof.

Daar is twee objeksies, 1) Hoe kan ons skuld hê in Adam en Eva se sonde? Ons was nie daar nie? 2) Om die onmoontlikheid van die gehoorsaamheid.

Een van die skrywers van die HK, Zacharias Ursinus, het vir ons hulp verleen om die vrae:

1) Sou ‘n prins vir een van sy vriende ‘n fooi gee en die vriend kom in opstand teen die prins verloor hy nie net die fooi vir homself nie, maar vir sy kinders ook. Die prins doen geen ongeregtigheid aan die kinders as hy nie dit wat die pa verloor deur sy optrede aan die kinders gee nie. Sou die prins dan ‘n fooi aan die kinders gee is dit slegs uit goedheid en genade.

2) “This impossible demand is, therefore, the greatest benefit; because it leads us to the attainment of the power through which we may comply with what is required of us.

Vraag: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly?

Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is verskriklik sowel oor die erfsonde as oor die sonde wat ons self doen: Hy wil dit in die tyd en in die ewigheid met ‘n regverdige oordeel straf. Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. (Gal 3:10, Deut 26:27)

Dis hoe die saak staan: God laat nie die rebellie ongestraf nie. Dis nie God se skuld nie. Ons is skuldig.

Ons begin in Sondag 5 met die verlossing van die mens – die oplossing.

Heidelbergse Kategismus, Sondag 3 – God Goed & Ek?

So die HK beweer in Sondag 2 dat ons, 1) ons ellend ken uit die Wet van God, 2) God eis van ons liefde aan Hom en aan ons naaste en 3) ons haat eintlik God sowel as ons naaste.

Dit is teen ons grein om te dink dat ons inherent nie goed (sleg) is of dat ons natuur is om mense te haat sowel as die God wat ons geskep het. Post Modernisme skep die subjektiewe maatstaf van reg en verkeerd en die Bybel gee ons ‘n ander antwoord as wat hierdie wêreld ons gee: ons is sondig.

As dit dan waar is kom ons by ‘n bombshell:  Is evil dan nie God se skuld nie? Waar kom die sonde dan vandaan?

Vraag: Het God die mens dan so sondig en verkeerd geskep?

Antwoord: Nee, God het die mens goed en na sy ewebeeld geskep. Dit beteken: in ware geregtigheid en heiligheid, sodat hy God sy Skepper reg kon ken, Hom van harte kon liefhê en saam Hom in die ewige saligheid kon lewe om Hom te loof en te prys.

Vraag: Waar kom hierdie verdorwe natuur van mens dan vandaan?

Antwoord: Van die val en ongehoorsaamheid van ons eerste ouers, Adam en Eva, in die paradys. Daar het ons natuur so verdorwe geraak dat ons almal in sonde ontvang en gebore word.

Vraag: Is ons so verdorwe dat ons glad nie in staat is om iets goeds te doen nie en tot alle kwaad geneig is?

Antwoord: Ja, behalwe as ons deur die Gees van God weergebore word.

Ons kom agter dat ons probleem ‘n groot probleem is soos wat Sondag 2 en nou Sondag 3 verduidelik het.

Vir nou bly wonder oor die probleem wat ons het, die gat waarin ons is. Dink aan wat jy sien as die oplossing (wat ons weet Jesus Christus is). Dink oor hoekom Jesus te werk gegaan het soos Hy het en wat die implikasies is vir ons. Probeer om verby ons gewone clichés te kyk en vra af wat jy rerig glo, of sou jy nie ‘n Christen wees wonder oor wat Christenne glo. (Die antwoorde soos vervat in die HK is oppad)

In Sondag 4, die laaste deel oor ons ellende, kyk ons na die regverdigheid van die eis van God dat ons nie moet sonde sowel as die straf wat hierdie sonde verdien.

Heidelbergse Kategismus, Sondag 2 – Die Wet en Ek

John Piper, een van die groot teoloë van ons tyd, vertel hoe sy pa, ‘n sendeling, hom eendag nader trek. Hy sê toe vir hom die volgende: “Johnnie. You know it’s hard getting people saved, but it’s even harder getting people lost”. Moeilikste deel van ‘n sendeling se werk is om mense verlore te kry -maak dit sin?

Die goeie nuus is die oplossing van ‘n probleem, en voor daar ‘n probleem opgelos kan word moet mens eers besef dat daar wel ‘n probleem bestaan. Die Heidelbergse Kategismus help ons in Sondag 2 om die probleem (dit is ons ellende) raak te sien.

Vraag: Waaruit ken jy jou ellende?

Antwoord: Uit die wet van God

Vraag: Wat eis die wet van God van ons?

Antwoord: Dit leer Christus ons samevattend in Matteus 22:37-40 (NIV): “Jesus replied: “‘Love the Lord your God with all your heart and with all your soul and with all your mind.’ This is the first and greatest commandment. And the second is like it: ‘Love your neighbor as yourself.’ All the Law and the Prophets hang on these two commandments.””

Vraag: Kan jy dit alles ten volle nakom?

Antwoord: Nee, want ek is van nature geneig om God en my naaste te haat.

Sondag 3 kyk na die toestand van die mens soos dit hier bo genoem word – skop jy in teen hierdie idee dat ons rerig inherent sleg is en dan hoe pas God die Skepper daarin?

Does God Get Disappointed in Believers When We Disobey? – David Powlison