Gravitasie Aard-(Appel)

In Maart 2009 is ‘n Satelliet met die naam GOCE (Gravity field and steady-state Ocean Circulation Explorer) in die ruimte in gestuur deur die European Space Agency. GOCE het die aarde gewentel slegs 255km bo die oppervlakte en heeltyd meetings geneem van die sterkte van gravitasie reg oor die aarde.

Hierdie meetings is saamgestel en vorm die boonste illustrasie (sien ‘n video hier). Hierdie wys hoe die vorm van die aarde sou gelyk het as dit heeltemal oortrek was met water. Met ander woorde, die blou, of laer stukkies, is waar die aarde se gravitasie meer is en die rooi waar dit minder is.

So hoekom deur hierdie oefening gegaan? Wel daar is paar redes om die geld te spandeer:

  • Die verspreiding van die gravitasie kan help met die verstaan van aardbewings soos die onlangs in Japan siende dat die energie van die aardbewing vinniger voortplant in ‘n meer digte medium en met die kennis kan die oorsprong, onder andere, meer akkuraat bepaal word.
  • Verstaan die binneste struktuur & samestelling van die Aarde
  • Verstaan die see strome
  • En nog vele meer

Loer na die berig op National Geographic se website.

Advertisements