Trou, Kinders, Werk, Aansien, Huis, iPhone

Ons het Sondag geluister na ‘n preek deur Johan Verster oor “single” wees (1Kor 7). Die onderwerp is nie net van toepassing op die wat hunker na ‘n lewensmaat of kinders, maar trek ook ‘n parallel met die koester van die verganklike. Die soeke (miskien obsessie) met die ruiter op die wit perd of die redding van die prinses in die toring is tog maar net een van die voorbeelde van die verlange wat in ons teenwoordig is – en wat ons probeer vul. Ons is tog deel van die “as ek maar net dit het/haar het/hom het” kultuur.

Unieke situasie in ons tyd? Nee, John Owen spreek die bogenoemde 350 of so jaar terug aan:

“Look unto the things of this world – wives, children, possessions, estates, power, friends and honor.  How amiable are they!  How desirable unto the thoughts of the most of men!  But he who hath obtained a view of the glory of Christ will, in the midst of them all, say, ‘Whom have I in heaven but thee?  And there is nothing on earth that I desire besides thee’ (Psalm 73:25).”

-John Owen, “The Glory of Christ,” in Works (Edinburgh, 1981), I:314. (geleen by Ray Ortlund se blog)

God is die enigste konstante (Mal3:6). Vind jy waarlik jouself tevrede in en met God?

 

Advertisements

Om te trou. Of nie.

Twee aparte stukke wat ek hierdie laaste week gelees het, het my net weer herinner hoe belangrik is dit om alles te hoor wat God op ‘n onderwerp te sê het. Ek vind myself vinnig om een ding te gryp en daarmee te hardloop asof dit die laaste woord oor die onderwerp is, net om weer te besef dat Sy wysheid soveel meer omvattend is as ‘n kort lys van moets en moenies…

Die eerste van die twee was John Piper se voorwoord tot Redeeming Singleness en die ander die artikel The Case for Early Marriage. Beide is van baie waarde…