Pretoria Kort Die Boodskap

In die wêreld is daar 400 stede wat se populasie hoër is as 1 miljoen mense (Pretoria se populasie in 2007 was 2.346mil). Meer as helfde van die mense op aarde bly huidiglik in stede. Stede is die kern, die sentrums van die ekonomie, gee pas aan met kultuur en beinvloed die rigting van ‘n land. Wat beter plek is daar as stede om God te deel met ander, dis ‘n enorme sending veld.

In die berig, Cities Need The Gospel: Why Renewing Your City Matters deur Jonathan Dodson, verduidelik hy hoekom hy voel dat dit van belang is om besorg te wees oor jou stad se welvaart.

Sosiale digtheid en diverse kulture skep ‘n ideale omgewing om die kerk te groei. Mense van verskillende herkoms bly naby/by mekaar en die brug wat die kulture en groepe kan verbind is die Evangelie. Die wêreld word spreekwoordelik kleiner en die invloed van die stede gee die pas aan met, onder andere, die integrasie van kulture.

Stede is gevul met ‘n siel(e) wat die stad maak wat dit is. Alle stede het n persoonlikheid, ‘n siel. Kaapstad is mooi en ruik soos die see en voel soos klein Europa. Kimberly het ‘n gat. Durban is warm en het lang strande met baie surfers. Pretoria hou van die bulle en het Hatfield square. Dit is nou miskien bietjie tong in die kies, maar die idee word oorgedra dat ‘n stad ‘n spesifieke identiteit het. Die punt is dat dit nie die infrastruktuur of die ligging is wat dit aan die stad gee nie, dis die mense. Moet ons nie dus die siel van die stad wees nie? Hoe sal dit lyk?

Wat gee jy vir die stad? Gee jy geld en tyd? Vat jy meer as wat jy gee? Byt jy die stad en sy mense uit, gebruik die eetplekke en winkelsentrums, maar bou nooit tuine vir die wat een kort? Om ‘n stad lief te hê is meer as net om van Tafelberg te hou of van die Unie Gebou, dit is om die mense lief te hê. Dit is om die ewige siele in die stad lief te hê.

Jou stad

Hoeveel keer het jy nie al die woorde “..ek gaan eendag in die Kaap..” of “..sodra ek hier klaar is met ___ gaan ons trek na ___” gehoor? Of miskien self ge-uiter?

Wat se jy vir mense as hul jou uitvra oor jou stad? Ek het al menig male gehoor hoe fantasties die Kaap is en hoe lekker die aandlewe is of hoe fantasties die tyd op die wynplase is, maar wat is jou antwoord as die Kapenaar jou vra oor Pretoria? Ek, vir een, kies Pretoria bo die Kaap elke dag van die week.

Kan jy rerig Pretoria jou stad, jou huis, noem? ‘n Interresant berig deur Jonathan Dodson, ‘n Acts 29 Pastor, stel die volgende voor:

  1. Vra vrae
  2. Lees werke van Pretorianers
  3. Ken jou stad se geskiedenis
  4. Geniet jou stad

Lees die volledige berig:

4 Ways to Know Your City