Teologie van die Liggaam #4: Jou Kleredrag Maak Saak

Die issue oor kleredrag is tot ‘n verbasende mate teenwoordig in die Bybel. Kleredrag is na die sondeval, en die mens wat skaam gekry het oor naaktheid, deur God verskaf (Gen 3:21). God het dit vir ons gegee vir n rede –  om ons naaktheid en skaamte te dek (hanteer).

Siende dat God ons gemaak het as man of vrou moet ons dit aanvaar en uitleef in ons kleredrag.

In die stuk noem Gregg Allison 5 beginsels vir klere (van toepassing op mans en dames):

  1. Klere weerspieël iets van die persoon wat dit dra. Kies jou klere met dit in gedagte
  2. Vermy klere wat aandag trek na jou status of welvaart.
  3. Moenie sensueel aan trek nie, moet nie aandag trek na jou seksualiteit soda dit ander ongemaklik laat voel nie. (moenie mans in die versoeking bring nie dames!!)
  4. Trek sinvol aan dat mense nie op grond van jou klere jou assosieer met kwaad of rebellie nie.
  5. Wees slim met die manier wat jy jou hard-verdiende geld spandeer op klere, neem in ag jou begroting en wat relevant is tot jou omgeving.

Gregg Allison bespreek hierdie in Why What You Wear Matters.