Zac Smith, Tears of Hope

Zac Smith passed away May 16 2010. This is his story:

A couple of months later, this is the story of those he left behind:

Teologie van die Liggaam #3: Hoekom Oefen?

 

Daar was reeds van tevore, in die eerste stuk oor die Teologie van die Liggaam gekyk na die belangrikheid om jou lyf in so ‘n toestand te hou dat mens kan dien en waarde toevoeg in die wêreld. Natuurlik is gesond eet en oefen deel van die groter idee agter jou lyf as toerusting om te doen wat God se wil is (Ef 2:10).

In die stuk Why Your Fitness Matters deur Gregg Allison beskryf hy baie mooi wat die Bybel sê en hoe dit van toepassing is op ons vandag. Sien 1 Tim 4:8

“For physical training is of some value, but godliness has value for all things, holding promise for both the present life and the life to come”

Die Bybel vertel ons ook oor eet, dis iets wat ons moet geniet (1 Tim 4:3-5; Col 2:16-23) en dat daar nie kosse is wat “off-limits” is nie – wat in sommige gelowe op klem gelê word. Alles wat bestaan is tog deur God gemaak, en dis goed!

Te veel eet? Buiten dat daar mense is wat nie kos het nie, sowat 1,02 biljoen mense gaan slaap honger (artikel deur World Hunger), word dit ook genoem in die Bybel. In Fillipense 3:19 is hierdie woorde:

“Their destiny is destruction, their god is their stomach, and their glory is in their shame. Their mind is on earthly things.”

Ons is hierdie lyf gegee met al die intrieke en wonderlike prosesse. ‘n Lyf wat se werking en samestelling meer indrukwekkend is as Donald Trump se hare! As ons mense kan help wat nie hulself kan help weens gebrekke of wanvoeding, is dit nie ons plig om onsself in staat te hou om te kan dien nie?

Die stuk deur Gregg Allison bespreek dit in meer detail.

Teologie van die Liggaam #1

Hoekom moet jy kyk na jou liggaam? Jy is mos net tydelik in hom.. Kyk jy na wat jy eet? Kyk jy na wat jy drink of hoeveel jy oefen?

Maak dit saak vir God? Ons almal ken die versie oor jou liggaam wat n tempel is vir God (1 Kor 6), maar bedoel God rerig dat Hy omgee wat jy eet en wat jou bloeddruk is?

‘n Storie wat Gregg Allison vertel is van die man wat na hom (‘n lektor by die Southern Baptist Theological Seminary) toe gaan en vir hom al die vra hierbo vra. Die man was ongesond, oorgewig en oorwerk, maar kon nie die punt daarin sien om na sy tydelike lyf te kyk nie..

Gregg het geweier om die man n geestelike antwoord te gee al is dit wat die man wou gehad het. Die punt wat hy gemaak het is dat as hy die leefstyl sou volhou gaan hy geen doel dien in sy omgewing, gesin of kerk nie. (sien die storie in Why Your Body Matters)

Jare se navorsing het gevolg uit die gesprek. Gregg Allison spreek die “Theology of the Body” aan in n reeks artikels. Ons kyk na die artikels deur die loop van die week.