“Verkoop AL jou goed en gee vir die armes…”

Al ooit gewonder hoekom Jesus vir die ryk jong man sê om al sy goed te verkoop en alles wat hy daarvoor kry vir die armes te gee? (Lukas 18:18ff)

  • Is die punt dat ons (wat meestal ryk jong mans is!) presies dieselfde moet doen?
  • En, per implikasie, dat indien ons dit nie doen nie, ons nie opregte volgelinge van Jesus is nie?

Hier’s ‘n behulpsame antwoord.

(Terloops (en net sodat ons nie hierdie as verskoning gebruik nie) meeste van ons KAN doen daarmee om so bietjie te begin verkoop, minder te koop en meer weg  te gee!)

Advertisements

Armoede: Die Goeie Nuus

Daar is genoeg herinnering daar buite dat ons in ‘n gebroke wêreld leef, so as daar goeie nuus verby kom is dit die moeite werd om dit te geniet en oor te vertel. Hier is een so storie. Die kort en lank daarvan is dat die jaar 2000 teiken van wêreld leiers om uiterste armoede (“extreme poverty”) te halveer teen 2015, reeds in 2008 gebeur het.

Dit gebeur natuurlik nie sommer net nie. Baie mense het baie hard hiervoor gewerk – meeste waarvan waarskynlik nie Christene is nie. Hulle verdien ons almal se entoesiastiese lof en aanmoediging om met hulle goeie werk aan te hou.

Maar soos ons dit vier is dit goed om te onthou dat as enige iets goed in hierdie gebroke wêreld gebeur, dit is omdat God in Sy algemene genade dit so bewerkstellig het. Sonder Hom is ons tot niks goeds in staat nie.

Hy is aan die werk vir die beswil van Sy skepsels, of hulle Hom die erkenning daarvoor gee of nie. Mag ons van die wees wat dit wel doen soos ons Sy hand in die goeie nuus-stories van ons wêreld sien, ongeag die instrumente wat Hy gebruik!

Gee ek vir mense op straat?

Baie van ons worstel met hierdie vraag: Wat is die regte ding om te doen? Moet ek gee of nie?

Alhoewel hierdie nie my probleem oplos nie, vind ek ‘n onlangse reeks artikels in Christianity Today bemoedigend omdat ander wat die onderwerp baie beter verstaan dit nie eers eens is wat ons te doen staan nie. Antwoorde sluit in:

“Ja, gee vrylik”

“Slegs as laaste uitweg”

“Nee, moenie”

Een ding is verseker: Armoede en die pyn wat daarmee saam gaan is nie eenvoudige probleme met kits-oplossings nie…

(Dankie hiervoor Lindie!)

Vuil Hande = Hoop?

Lindie Strydom:

“Diens en diensbaarheid is inherent deel van ons Goddelike roeping en vasgelê in die karakter van Jesus in Wie se voetspore ons as dissipels volg. Dit is dus asof jy eers regtig begin asemhaal en leef wanneer jy in Jesus se voetspore en voorbeeld, jou medemens dien. Dien deur te doen wat gedoen moet word. Dien deur te doen wat jou hand vind om te doen soos Prediker se aanmoediging in sy soeke na die sin van die lewe. Dien deur ‘n beter ewewig te skep tussen bevoorregte en minder-bevoorregte.

Soveel van ons gee geskied egter net in ons koppe. Ons dink dit, maar reageer selde prakties op die impuls en aanmoediging van die Heilige Gees. Ek voel dis slegs deur herhaalde blootstelling aan mense wat minder as jy het dat ons goedbedoelde intensies sal oorgaan tot aksie. Dis slegs deur gereeld jou hande vuil te maak – jou hart na jou hande te vat en te laat leef – wat jy die noodsaaklike geestelike dissipline van diens sal verstaan en dan meer pro-aktief sal beoefen.

Dit is in die teenwoordigheid van swaarkry en armoede – daar waar mense werklik arm aan moed is, wat jyself meer en meer oortuig word van Jesus as die enigste bron van Hoop. Ons kan nie vir mense ‘n beter lewe belowe nie, maar ons kan deur praktiese dade van liefde, hulle wys na die bron van Hoop en dis wat hulle selfs meer as brood en ‘n dak oor hulle kop nodig het. Ons almal se grooste nood is om met God versoen te word. Jou kragtigste omgee is dus om Jesus aan te gee.”