Pad Vorentoe? Kyk Agtertoe

Gister, 31 Oktober 2010, is dit 493 jaar vandat Martin Luther die gesig van Christenskap verander het met ‘n hammer, spykers en ‘n klomp skrifte teen die deur van die Kattolieke Kerk. Genade is die enigste rede hoekom jy gered is – die kern van sy boodskap.

In die wêreld is daar ‘n neiging terug na die teologie van die kerkvaders, die John Calvin en die Jonathan Edwards ens. raamwerk. Hierdie beweging na meer gefokusde teologie dui op ‘n soeke na ‘n weier, meer geskiedkundige gevestigde kerk.

Die berig, Next Generation of Theologians Craves Historical Tradition, in die Houston Belief spreek die beweging van ‘n nuwe generasie aan soos dit groei op die oomblik in die diverse, jong geloofsgemeenskap in Houston, Texas. Ek is seker dit is van toepassing in Pretoria en Suid-Afrika.

Advertisements

Jou stad

Hoeveel keer het jy nie al die woorde “..ek gaan eendag in die Kaap..” of “..sodra ek hier klaar is met ___ gaan ons trek na ___” gehoor? Of miskien self ge-uiter?

Wat se jy vir mense as hul jou uitvra oor jou stad? Ek het al menig male gehoor hoe fantasties die Kaap is en hoe lekker die aandlewe is of hoe fantasties die tyd op die wynplase is, maar wat is jou antwoord as die Kapenaar jou vra oor Pretoria? Ek, vir een, kies Pretoria bo die Kaap elke dag van die week.

Kan jy rerig Pretoria jou stad, jou huis, noem? ‘n Interresant berig deur Jonathan Dodson, ‘n Acts 29 Pastor, stel die volgende voor:

  1. Vra vrae
  2. Lees werke van Pretorianers
  3. Ken jou stad se geskiedenis
  4. Geniet jou stad

Lees die volledige berig:

4 Ways to Know Your City