Cliché no9: “Jy mag nie oordeel nie”

Ek weet ek het hierdie stelling al vroeer in die reeks gemaak, maar ek trek alles terug – cliché no9: “Jy mag nie oordeel nie” – is VERSEKER die bekendste en geliefkoosde cliché wat beide onder Christene en nie-Christene die rondtes doen.

Buiten vir die feit dat hierdie woorde maklik verteerbaar is vir die gemiddelde post-moderne, relativistiese, polities-korrekte maag…is die aanhangers van hierdie cliché ook oortuig dat hierdie waarheid baie na aan Jesus se hart gelê het. Was dit nie dan Jesus wat in Mattheus 7v1 beveel het, “moenie oordeel nie, sodat julle nie geoordeel word nie”?

Wel, net soos met die ander clichés in ons reeks sal ons sien dat ‘n dieper en meer verantwoordelike lees van hierdie vers (en inderdaad, die hele Bybel) ons tot ‘n ander gevolgtrekking sal forseer.

“Jy mag nie oordeel nie”- regtig?

Soos altyd is dit belangrik dat ons ons geliefkoosde verse IN KONTEKS (Mt 7v1-6) moet lees. Sodra ons dit met Mattheus 7v1 doen, spring daar dadelik ‘n paar verassings na vore…

“Judge not, that you be not judged. 2 For with the judgment you pronounce you will be judged, and with the measure you use it will be measured to you. 3 Why do you see the speck that is in your brother’s eye, but do not notice the log that is in your own eye? 4 Or how can you say to your brother, ‘Let me take the speck out of your eye,’ when there is the log in your own eye? 5 You hypocrite, first take the log out of your own eye, and then you will see clearly to take the speck out of your brother’s eye. 6 “Do not give dogs what is holy, and do not throw your pearls before pigs, lest they trample them underfoot and turn to attack you.

Die eerste ding wat ek wil hê ons moet raaksien is hoe dieselfde Jesus – wat in vers 1 sê “jy mag nie oordeel nie”, in v6 na sekere mense verwys as “honde” en “varke”. Wat!?!? Is Jesus dan self skuldig aan dit wat hy ander verbied om te doen? Is Jesus dan self een van die skynheiliges (v5) wat een ding sê en ‘n ander ding doen? Die antwoord is natuurlik nee…maar logika vereis dat ons dan ons oppervlakkige verstaan van “jy mag nie oordeel nie” moet verander.

Sodra ‘n mens Mattheus 7v1-6 in konteks lees, word dit vinnig duidelik dat die probleem wat Jesus het, nie so seer met “oordeel” (die uitwys van mense se sonde) is nie, maar eerder die persoon wat oordeel sonder om self onder die Woord van God te staan. Dit is die SKYNHEILIGE persoon (v5) wat nie mag oordeel nie. Jesus se probleem hier is met die persoon wat self met ‘n balk in sy eie oog sit, wat geen intensie het om daardie balk self uit te haal nie, wat geen daadwerklike lewe van bekering lewe nie, maar wat vir ander wil sê dat hulle die splinters uit hulle oë moet haal. So ‘n persoon mag nie oordeel nie.

Diskwalifiseer ons sonde ons?

Maar dalk is jou beswaar op hiedie stadium die volgende: “Ja, ek sien dan hoedat Jesus mag oordeel – wat hy self het met geen balk in sy oog gesit nie – maar hoe kan ons as sondige mense dan ooit iemand anders oordeel? Is ons almal nie tot ‘n mate skynheiliges nie? Is daar nie balke in ons oë wat ons diskwalifiseer om ander mense se sonde uit te wys nie?” Die antwoord is – “dit hang af”…

Dit is verseker waar dat ons ALMAL sondige mense is en dat ons almal gereeld droog maak. Maar wanneer die Bybel verwys na “skynheiliges”, praat dit nie so seer van ‘n persoon wat een ding sê en ‘n ander ding doen nie, maar eerder van ‘n persoon wat een ding sê en GEEN BEGEERTE en STRYD VOER om daardie ding wat hy sê, self te doen nie. ‘n ‘Skynheilige’ is nie ‘n persoon wat sondig nie, maar ‘n persoon wat doelbewus in sonde lewe, wat geen begeerte het om te verander nie, maar wat steeds ‘n front wil voor hou dat hy/sy vir God ken en lief is.

Mattheus 7v5 is hier insiggewend. Ons almal moet seker maak dat ons eers die balk uit ons eie oë uit haal (maw, tot ware geloof en inkeer kom oor ons eie sonde) voordat ons ander mense wil uitwys op hulle sonde. MAAR daar sal – om met Jesus se illustrasie verder te hardloop – altyd splinters in ons eie oë agter bly, wat op ‘n soortgelyke basis deur ander broer en susters (met splinters in hulle oë) uit gehaal sal moet word. Indien ons sou wag tot elke liewe splinter in ons oë eers uitgehaal is, voordat ons met ander kan gesels oor die splinters in hulle oë, sal die tweede helfte van Mt 7v5 NOOIT realiseer nie!

Bybelse voorbeelde van mense met “splinters” wat wel geoordeel het:

Jesus het op verskeie geleenthede mense “geoordeel” – beide skynheiliges wat skade gedoen het, asook ware gelowiges wat in sonde verval het (Mt 3v7; 21v12; 23v27, 33; Mk 8v33;  Jn 4v17-18; Jn 8v11; v24; etc) Maar buiten vir Jesus (wat anders as ons, sondeloos was) is die Bybel vol voorbeelde van sondige mense wat steeds “sonde” en “sondaars” op die naam genoem het:

Johannes die Doper:

  • 7 But when he saw many of the Pharisees and Sadducees coming to his baptism, he said to them, “You brood of vipers! Who warned you to flee from the wrath to come? (Mt 3v7)
  • 18 For John had been saying to Herod, “It is not lawful for you to have your brother’s wife.” (Mk 6v18)

Paulus:

  • 2 Look out for the dogs, look out for the evildoers, look out for those who mutilate the flesh. (Phil 3v2)
  • 11 But when Cephas came to Antioch, I opposed him to his face, because he stood condemned. 12 For before certain men came from James, he was eating with the Gentiles; but when they came he drew back and separated himself, fearing the circumcision party. 13 And the rest of the Jews acted hypocritically along with him, so that even Barnabas was led astray by their hypocrisy. 14 But when I saw that their conduct was not in step with the truth of the gospel, I said to Cephas before them all, “If you, though a Jew, live like a Gentile and not like a Jew, how can you force the Gentiles to live like Jews?” (Gal 2v11-14)
  • 14 Alexander the coppersmith did me great harm; the Lord will repay him according to his deeds(2 Tim 4v14)
Petrus:
  • But false prophets also arose among the people, just as there will be false teachers among you, who will secretly bring in destructive heresies, even denying the Master who bought them, bringing upon themselves swift destruction… 12 But these, like irrational animals,creatures of instinct, born to be caught and destroyed, blaspheming about matters of which they are ignorant, will also be destroyed in their destruction, 13 suffering wrong as the wage for their wrongdoing. They count it pleasure to revel in the daytime. They are blots and blemishes, reveling in their deceptions, while they feast with you. 14 They have eyes full of adultery, insatiable for sin. They entice unsteady souls. They have hearts trained in greed. Accursed children! (2 Pet 2v1, 12-14)
Johannes (die apostel):
  • 9 I have written something to the church, but Diotrephes, who likes to put himself first, does not acknowledge our authority. (3 John 1v9)

Die punt is duidelik maar bly steeds baie onpopulêr: Dit is nie net toelaatbaar vir Christene om te oordeel nie, maar ook noodsaaklik (Spr 24v25; 1 Kor 2v15-16; 2v5-6; ens.) God het gepraat – en dus is daar objektiewe waarhede wat sekere dinge REG maak, terwyl ander VERKEERD is. Sekere dinge GOED maak, terwyl ander dinge SLEG is. Sekere dinge GESOND maak, terwyl ander dinge GEVAARLIK is. Die liefdevolle ding is nie om jou broer of suster met hulle splinters te los nie, maar om hulle te help om dit uit te kry (Mt 7v5)

Maar voordat jy dit doen, maak tog net seker dat die balk uit jou eie oog uit is…

Advertisements

4 Responses to Cliché no9: “Jy mag nie oordeel nie”

  1. Hanno Buys says:

    Op `n praktiese vlak – hoe haal `n mens `n splinter uit iemand se oog uit? En hoe moet my gesindheid wees teenoor iemand wat `n splinter in my oog uitwys?

    Ek dink aan `n voorbeeld waar `n goeie broer onlangs `n splinter in my oog uitgewys het (op `n sensitiewe manier). Ek het “retaliate” deur `n paar splinters in sy eie oog – (op net so `n sensitiewe manier 🙂 uit te wys. Om eerlik te wees – die splinter uithaal sessie was nie te lekker nie – mens is geneig om te wil dink dat jou ogies niks in het nie. Ons is ook nie op so goeie voet uitmekaar uit nie.

    Maar op grond van dit wat jy nou gese het – klink dit vir my asof die gelowiges in gemeenskap tyd moet neem om splinters uit mekaar se oë uit te haal. Hoe het Petrus gereageer toe Paulus (`n jonger gelowige) vir hom sê hy’s `n hypocrite. ? Wow Paulus kom ek wys jou al die splinters – al die Christinne se bloed wat op jou hande is – al die wat jy vervolg het .. Paulus miskien moet jy maar liefs stilbly. Tog bly Paulus nie stil nie – hy sê sy sê. Hy wys die splinters uit vir `n broer wat meer mature in die geloof is?

    Jis dis `n humbling thought. Wat jy eintlik nou sê is dat ons moet broers verwelkom (self uitnooi) wat `n splinter uitwys?

    • Johan Verster says:

      Hanno, dit lyk vir my jy het jou eie vraag beantwoord…daar is geen maklike manier om die splinters uit mekaar se oe uit te haal nie. Maar as ek Mt 7v5 reg lees, dan lyk dit vir my dat dit wel iets is wat – na ernstige self-ondersoek (“balke uit haal”) wel deel is van die Christen se verantwoordelikheid en “blessing”. Ek gebruik juis die woord “blessing”, want alhoewel dit nooit lekker is as ander ons tekortkominge uitwys nie, is dit wel nodig vir ons eie heiligmaking EN daar kan niemand beter wees om dit te doen as ‘n mede Christen wat vir jou lief is nie.

      Hoe haal ‘n mens ‘n splinter uit iemand anders se oog uit? Wel, met tweezers…en baie versigtig! Maw, ons moet biddend, stadig en met baie geduld ons Christen vriende se foute vir hulle uitwys. Altyd met ‘n opregte besef en houding dat ons bloot net mede-sondaars is wat hulle na dieselfde kruis toe wys. Maar dit maak nie saak hoe sensitief jy probeer om splinters uit te haal nie, dit bly iets wat die persoon aan die “receiving end” gaan seer los. Maar dit is oraait. Die seer wat uit liefde gebore is genees baie vinniger as die seer wat uit haat gebore word…

      Hoop dit help?

  2. Jurgens says:

    Uistekende blog Poen! Stem saam dis def die mees algemeenste, veral onder die nie-christen. Sien 1Cor 5 ook, Paulus hou nie terug nie en wys ons spesifiek wie moet en wie moet nie ge”judge” word deur die Christen

  3. Hanno Buys says:

    Awesome broer – ek gaan dit gebruik as `n quote:

    “Die seer wat uit liefde gebore is genees baie vinniger as die seer wat uit haat gebore word” Johan Verster.

    Thanx dit help.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: