Nie totaal opgewonde oor jou werk nie?

As dit jy is, en jy is wel ‘n Christen, mag dit wees dat jy bloot nodig het om te verstaan presies hoe wat jy 8-5 doen, deel vorm van God se mandaat aan ons om Sy Koninkryk uit te bou.

Byvoorbeeld, as jy ‘n PA is, organiseer jy skedules, kalenders, e-posse. Jy redigeer dokumente, maak dit meer verstaanbaar en meer aantreklik. Jy stel ander in staat om wat hulle ook al doen beter te doen. Jy skep, vernuwe, gee name en maak bestaande dinge meer effektief werk tot voordeel van die hele samelewing.  In die algemeen, doen jy presies waarvoor God die mens gemaak het – om die aarde te bewoon en te bewerk – en die chaos wat andersins in die natuurlike wêreld bestaan, te orden (Gen. 1-2).

Daar is min beter dinge wat jy met jou lewe kan doen as presies net dit nie. Jy is immers besig om die God van Hemel en Aarde te na-aap soos wat hy die chaos in die heelal orden. ‘n Skepsel wat, soos die Skepper, Skep.

Maar dit mag wees dat jy dit verstaan van wat jy doen, asook die effek van Genesis 3 op werk (dit gebeur nie sonder blase, sweet en frustrasie nie (3:17-19)) en steeds, oor ‘n lang tydperk, geensins bevrediging ervaar in wat jy doen nie. As dit jy is, mag dit wees dat God dalk wil hê jy moet jou lewe op ‘n ander manier maak tel vir die Koninkryk.

As jy ʼn Christen is, is (of behoort) jy op sending te wees waaroor God jou op hierdie oomblik geplaas het, gee nie om wat jou werk is nie. Ons sending-velde verskil net so bietjie. Vir party is dit ‘n kantoor blok in Pretoria, vir ander ‘n klaskamer in Prieska en vir ander ‘n konstruksie-terrein in Polokwane.

Maar vir sommiges behoort dit ‘n veld in ‘n veraf plek tussen mense met ‘n vreemde taal, kultuur en argitektuur te wees, wat nodig het om vertel te word van die God van die Hemel wat Aarde toe gekom het, vir mense soos hulle.

Jou frustrasie met jou werk mag dalk die God wat in alle dinge werk vir die beswil van Sy kinders, se manier wees om jou te roep om te kom werk in daardie plek waar Hy reeds aan die werk is…

Jy? Lees meer hier.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: