Heidelbergse Kategismus, Sondag 4 – ‘n Muur te Hoog

Sondag 2 en Sondag 3 wys dat ons sondig is en dat God ons nie so geskep het nie; ons kom agter dat dit as gevolg van die sondeval is dat ons dié sondige natuur het. Sondag 2 spesifiek spreek aan die manier wat die Wet vir ons wys dat ons in die verkeerd is, in alle opsigte.

So as ons nie kan goed doen nie (buiten as nuwe skepsel deur die Heilige Gees), hoekom hierdie maatstaf? Dit is soos om by die Olimpiese Spele te kom en dan die hoogspring lat te sit op 73,42 meter of om vir Donald Trump te vra om sy hare te sny.

Vraag: Doen God die mens dan nie onreg aan as Hy in sy wet van hom eis wat hy tog nie kan doen nie?

Antwoord: Nee, want God het die mens so geskep dat hy dit kon doen. Maar die mens het homself en sy hele nageslag as gevolg van die aanhitsing van die duiwel en deur moedswillige ongehoorsaamheid van hierdie gawes beroof.

Daar is twee objeksies, 1) Hoe kan ons skuld hê in Adam en Eva se sonde? Ons was nie daar nie? 2) Om die onmoontlikheid van die gehoorsaamheid.

Een van die skrywers van die HK, Zacharias Ursinus, het vir ons hulp verleen om die vrae:

1) Sou ‘n prins vir een van sy vriende ‘n fooi gee en die vriend kom in opstand teen die prins verloor hy nie net die fooi vir homself nie, maar vir sy kinders ook. Die prins doen geen ongeregtigheid aan die kinders as hy nie dit wat die pa verloor deur sy optrede aan die kinders gee nie. Sou die prins dan ‘n fooi aan die kinders gee is dit slegs uit goedheid en genade.

2) “This impossible demand is, therefore, the greatest benefit; because it leads us to the attainment of the power through which we may comply with what is required of us.

Vraag: Wil God hierdie ongehoorsaamheid en afval ongestraf laat bly?

Antwoord: Nee, glad nie; inteendeel, sy toorn is verskriklik sowel oor die erfsonde as oor die sonde wat ons self doen: Hy wil dit in die tyd en in die ewigheid met ‘n regverdige oordeel straf. Hy het immers gesê: Vervloek is elkeen wat nie bly in alles wat geskryf is in die boek van die wet om dit te doen nie. (Gal 3:10, Deut 26:27)

Dis hoe die saak staan: God laat nie die rebellie ongestraf nie. Dis nie God se skuld nie. Ons is skuldig.

Ons begin in Sondag 5 met die verlossing van die mens – die oplossing.

Advertisements

2 Responses to Heidelbergse Kategismus, Sondag 4 – ‘n Muur te Hoog

  1. Loraine says:

    As God sou sit en wag om ons te veroordeel en so ‘n verskriklike wraak teenoor ons koester sou dit beteken dat Jesus verniet gekruisig is. Genade beteken Guns (Onverdiende Guns). Genade is nie verdienste nie, anders sou dit nie Genade gewees het nie ! God het die afstand tussen die Hemel en die aarde uitgewis, toe Hy Sy Seun gestuur het om in ons plek te kom sterf. Hy vir weereens vir Satan kom oortref en aan ons kom bewys dat Hy die mens gekies het om Hom op aarde te verteenwoordig, en dat ons “okay” is al is ons nie volmaak nie. Ons is dus volmaak genoeg in Sy oë. God het klaar na ons toe beweeg, Hy gaan dit nie weer doen nie ! Omdat ons gelowig is en met Hom wandel kan ons nou al ons Vryheid vier, sommer elke dag ! Ons lewe dus in ‘n persoonlike verhouding met Hom en Hy geniet ons as Sy Kinders en Ons geniet Hom as ons Vader ! Dit is die Evangelie : Evangelie beteken, Goeie Nuus en Oordele en wraak is nié Goie Nuus nie !

    • Cobus van Rooy says:

      Loraine,
      Ek hoor presies wat jy se.. Ek wil sommer net hoor hoe jy dit aansluit by die stuk? Is dit dat jy voel die klem is teveel op God se wraak en oordeel en te min op genade?

      Hoop dit gaan goed!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: