Cliché no6: Jou dade is kragtiger as jou woorde

Een van die geliefkoosde gesegdes in die Christen-wêreld is St. Francis van Assisi (1182 –1226) se bekende woorde: “preach the gospel at all times and when necessary use words”. Die rede waarom hierdie woorde honderde jare later weer so baie lugtyd kry, is omdat baie hedendaagse Christene gefrustreerd is met ‘n verwronge weergawe van Christenskap, wat altyd mooi stories wil praat maar nooit enige noemenswaardige verskil aan die samelewing bring nie.

Nou, soos met die vorige clichés is daar baie waarheid wat in St. Francis se gesegde opgesluit lê (sien LIG.punt se preekreeks in die verband “Ons vir jou Pretoria” / http://www.ligpunt.com). Dit is verseker nodig vir alle Christene om daadwerklik hulle hande in hierdie wêreld vuil te maak. Enige Christenskap wat nie in ‘n radikale lewe van liefde uitvloei nie, is nie die ware Jakob nie (1 Jn 3:16-18). Maar so goed soos wat die bogenoemde bedoeling mag wees, is daar ten minste twee groot foute wat met hierdie siening gepaard gaan:

1. Die evangelie is ‘n verbale boodskap.

So oulik soos wat St. Francis se gesegde klink, is dit bloot net nie waar dat die evangelie ‘n boodskap is wat deur dade gekommunikeer kan word nie. Die evangelie is ‘n verbale aankondiging (goeie nuus) m.b.t wat God in hierdie wêreld in Jesus gedoen het, en aan die doen is. Die evangelie is die aankondiging dat Jesus, die beloofde Messias en die Here is (Rom 1:4), wat deur Sy perfekte lewe, plaasvervangende dood, en opstanding (1 Cor 15:1-4); mense weer met hulle Skepper kan versoen. Die enigste manier wat ‘n mens voordeel kan trek uit hierdie liefdesdaad van God, is om met geloof op hierdie verbale aankondiging te reageer. Soos Paulus dit so duidelik maak: “faith comes from hearing, and hearing through the word of Christ” (Rom 10:14-17).

2. Die evangelie is die krag tot redding

Ten spyte van die baie belangrike plek van ‘goeie dade’ in ‘n Christen se lewe, is dit krities dat ons moet verstaan dat ons goeie dade NOOIT – in en van dit self – die Koningkryk van God kan in bring nie. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat dit net hierdie boodskap oor “Jesus en Hom gekruisig” is, wat die krag van God tot redding is (Rom 1:16; 1 Kor 2:1-5). Die enigste manier wat mense uit die kettings van Satan, hulle sonde en ‘n gevalle wêreld verlos kan word…die enigste manier wat die Koningkryk van God in hierdie wêreld in gebring kan word, is soos wat die evangelie verbaal verkondig word en in geloof aanvaar word.

Nou wat is dan die verwantskap tussen ons verkondiging van die evangelie en ons goeie dade? Wel ek dink die illustrasie van ‘n huis wat gebou word is hier behulpsaam. Die manier wat God sy nuwe huis (die koninkryk van God) in hierdie wêreld bou, is deur die verkondiging en die aanvaarding van die evangelie boodskap. Die rol van Christene se goeie dade is om asitware die “interior design” werk in hierdie nuwe huis van God te doen, om sodoende hierdie huis aan ander af te “show” en hulle so te oortuig dat hierdie huis die beste huis in die hele woonbuurt is om in te woon.

So is die Christen se dade belangrik? Is ons dade kragtig? Verseker! Maar moet nooit die onsienlike werk van God minag nie. Jou en my verkondiging van die storie van Jesus, is die belangrikste en kragtigste taak wat ons ooit in hierdie wêreld kan verrig!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: