The Gospel according to Menlyn Park

Een van die ouens in LIG.punt het hierdie foto net buite Menlyn Park winkelsentrum geneem en vir my aangestuur. Die bewoording “A fasionable woman is always in love with – herself” is eintlik ‘n bekende gesegde van Francois Duc De La Rochefoucauld (1613-1680) – en dit is nie heeltemal duidelik wat sy aanvanklike bedoeling daarmee was nie – maar die boodskap wat Menlyn Park se bemakingspan daardeur kommunikeer is baie duidelik:

Die boodskap wat hier gekommuniker word is dat die vrou wat regtig die ‘goeie lewe’ geniet – die vrou wat dit regtig in die lewe gemaak het en wat dus “fashionable”, of ‘in’ is…die vrou is wat op haarself verlief is, die vrou wat haarself oorvloedig kom pamperlang by een van Menlyn Park se 111 “fashion stores”.

Die realiteit is dat dit nie net Menlyn Park se bemarkingspan is wat op hierdie wyse hulle produkte bemark nie. Die boodskap wat hier verkondig word is inderdaad die evangelie, van die gewildste godsdiens van ons tyd. Ons lewe in ‘n wêreld  waar ‘n duisend stemme elke dag vir ons vertel, dat as ons maar net ‘die’ of ‘daai’ produk sou hê,
dan sou ons uiteindelik ‘iemand’ wees, ons sal ware geluk vind en die ‘goeie’ lewe begin geniet. En so het die duisende winkelsentrums in Suid Afrika ons nuwe ‘kerke’ geword. Die advertensiewese is ons nuwe ‘profete’. Ons geld is die nuwe ‘kollekte’. En die produkte en dienste wat aan ons verkoop word is ons nuwe ‘verlossers’.

Die probleem is dat beide die Bybel en ons eie ervaring ons gereeld oortuig dat hierdie nuwe godsdiens ons nie kan verlos nie. Dit maak nie saak hoeveel geld ons op die nuutste modes en “gadgets” spandeer nie, ons harte bly steeds leeg, honger en onbevredig. Die rede hiervoor is eenvoudig. In sterk kontras met die advertensiebord buite Menlyn Park, is die Bybel baie duidelik daaroor dat ware geluk en ‘verlossing’ nie gevind word deur meer vir jouself lief te wees nie…maar om eerder weg van jouself af te draai en in liefde, jouself oorvloedig aan jou Skepper te gee. Hierdie is die manier wat die ‘goeie lewe’ gevind kan word…hier alleen is ware geluk en ewige bevrediging vir ons almal beskikbaar. Soos Jesus self die punt gemaak het:

“Everyone who drinks of this water will be thirsty again, 14 but whoever drinks of the water that I will give him will never be thirsty again. The water that I will give him will become in him a spring of water welling up to eternal life.” (Jn 4:13-14)

“I am the bread of life; whoever comes to me shall not hunger, and whoever believes in me shall never thirst.” (Jn 6:35)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: