Cliché no5: Vir God gaan dit nooit oor Homself nie

Die verwoording mag dalk ‘n bietjie anders klink, maar ek is seker dat meeste van ons al iets soos die volgende gehoor het – dat die God van Christenskap ‘n God is wat nie oor Homself behep is nie, maar wat juis ‘n God is wat Homself gee om ons voordeel na te jaag. Soos met die vorige clichés klink so ‘n stelling baie goed…en natuurlik is dit gepeper met waarheid…maar die vraag moet weereens gevra word: is dit werklik Bybels?

Ek is oortuig dat die rede waarom baie mense vir God in hierdie lig wil skets en ongemaklik raak met die prentjie van ‘n God wat Sy eie verheerliking najaag, gegrond is in ons menslike oortuiging dat ‘self-veheerliking’ verkeerd is. En so ‘n oortuiging is reg. Daar is niks so afskuwelik soos self-gesentreerdheid nie. Daar is geen groter sonde as om baie van jouself te maak en te dink dat die wêreld om jou draai nie. Maar juis hier lê die fout was ons maak…

Hierdie houding (self-verheerliking) wat vir ons as mense die afskuwelikste sonde is om te pleeg, is juis so afskuwelik omdat self-verheerliking God se alleenreg is. Hierdie is die verstommende waarheid wat die Bybel van begin tot einde verkondig en wat so moeilik vir self-gesentreerde, kits-Christene is om te sluk: Vir God gaan alles oor homself. Alles wat God doen of nie doen nie, alles wat in die wereld gebeur of nie gebeur nie (beide groot en klein dinge)…alles draai om Hom…alles bestaan VIR God: sodat Hy goed sal lyk en sodat Sy naam groot gemaak sal word.

Maar moenie my woord hiervoor vat nie…die Bybel is baie duidelik daaroor dat ALLES wat God doen, primer oor Sy eie verheerliking gaan*:

  • God het ons uitverkies tot die verheerliking van Sy naam (Ef 1v4-6)
  • God het ons geskape vir vir Sy heerlikheid (Jes 43v6-7)
  • God het Israel gekies vir die verheerliking van Sy naam (Jes 49v3)
  • God het Farao opgerig, sodat Hy verheerlik sou word (Eks 9v16)
  • God het Farao verslaan vir die verheerliking van Sy naam (Eks 14v17-18)
  • God het Israel in die woestyn gespaar, vir die verheerliking van Sy naam (Esegiel 20v13-14)
  • God het vir Israel in Kanaan die oorwinning oor hulle vyande gegee, vir die verheerliking van Sy naam (2 Sam 7v23)
  • God het vir Israel met ballingskap gedissiplineer, vir die verheerliking van Sy naam (Jes 48v10-11)
  • God het vir Israel uit ballingskap uit gebring, vir die verheerliking van Sy naam (Esegiel 36v22-23)
  • Jesus self het die heerlikheid van God na gejaag, in alles wat hy gedoen het (Joh 17v4)
  • Jesus het sy dissipels aan gespoor om die heerlikheid van God na te jaag (Mat 6v9)
  • Jesus beantwoord ons gebede om sodoende God te verheerlik (Joh 14v13)
  • Jesus het gesterf op die kruis om Sy Vader te heerlik (Joh 12v23-28)
  • God vergewe ons sondes, primer, vir Sy onthalwe (Jes 43v25)
  • Die Heilige Gees se primere werk is om Jesus te verheerlik (Joh 16v14)
  • Christene se lewens behoort vir God te verheerlik (Mat 5v16,1 Kor 10v31)
  • Jesus sal by sy Wederkoms verheerlik word (2 Tes 1v6-10)
  • Die Oordeelsdag sal vir God verheerlik (Rom 9v22-23)
  • Die hele aarde sal gevul wees met die heerlikheid van God (Hab 2v14)
  • In die nuwe Jerusalem sal die heerlikheid van God die son vervang (Open 21v23)

Wat beteken hierdie waarheid vir ons? Wel, dit behoort ons almal n bietjie van ‘n “reality check” te gee. Ek en jy is NIE die middelpunt van ons eie klein wêreldjies nie – God is. Inderdaad, Hy is die middelpunt van ALLE REALITEIT. Sodra ons hierdie waarheid snap…sal 2 groot geheimenisse van die lewe vir ons in plek val:

  1. Ons sal besef wat ‘sonde’ werklik is…’Sonde’ is dit wat ons doen wanneer ons nie God verheerlik soos wat Hy verdien om verheerlik te word nie (Rom 3v23)
  2. Ons sal die goeie lewe begin ervaar…Hierdie is die ironie van die lewe. Die “goeie lewe” is die lewe waar ons nie baie van onsself maak nie, maar eerder baie van God maak.

Die Heidelbergse Kategismus som hierdie geheimenisse vir ons mooi op wanneer dit met die volgende woorde begin:

QUESTION: “What is the chief end of man?”

ANSWER: “To glorify God and enjoy Him forever”

Mag elkeen van ons die geestelike insig geskenk word om – aan hierdie kant van die ewigheid –  hierdie grootste van lewenslesse te leer!
* Dankie aan John Piper wat hierdie waarheid in sy boek “Let the nations be glad” beklemtoon het.
Advertisements

One Response to Cliché no5: Vir God gaan dit nooit oor Homself nie

  1. Jurgens says:

    Wowa! What a post

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: