Heidelbergse Kategismus, Sondag 1 (Deel 1) – Enigste Troos

Die Heidelbergse Kategismus het in 1563 in Heidelberg, Duitsland, tot stand gekom om te dien as ‘n leerboek vir skole. Dit is opgedeel in 129 vrae en antwoorde. So hoe relevant is dit vandag? Sondag #1 se vraag en antwoord dink ek is steeds so relevant soos 448 jaar terug. Persoonlik onthou ek dat voor die troos, soos hier onder vervat, was vrae oor betekenis van bestaan en doel van die lewe genoeg rede om nagte lank wakker te lê. Gelukkig is die wat troos vind (en gaan vind) by die ware Trooster (Matt 11:28-30).

Vraag:

Wat is jou enigste troos in lewe en in dood?

Antwoord:

Dat ek met liggaam en siel in lewe en in sterwe nie aan myself nie, maar aan my gertroue Verlosser, Jesus Christus, behoort. Hy het met Sy kosbare bloed vir al my sondes ten volle betaal en my uit alle heerskappy van die duiwel verlos. Hy bewaar my op so ‘n wyse dat, sonder die wil van my Hemelse Vader, geen haar van my kop kan val nie. Alles moet inderdaad tot my saligheid dien. Daarom verseker Hy my ook deur Sy Heilige Gees van die ewige lewe en maak Hy my van harte gewillig en bereid om voortaan vir Hom te lewe.

Advertisements

3 Responses to Heidelbergse Kategismus, Sondag 1 (Deel 1) – Enigste Troos

  1. Dalene Piek says:

    DIe Heidelbergse Kategismus is nog steeds vir my een van die beste maniere om die Bybel te ken en verstaan. DIt vra vrae wat ons as Christene elke dag oor wonder en dit laat mens dink aan vrae wat jy elke dag aan moes wonder. As ek dit uit my kop kon leer het ek.
    Voel vry om al 52 Sondae vir ons deur te werk….

  2. Cobus van Rooy says:

    Ek is ook aanhanger van die H Kategismus, vir daardie rede.

    Dalene, ek dink dis great idee, sal verseker poog om dit te doen!

  3. Johan Verster says:

    Great idee Dalene! Go Cobus!

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: