Die Evangelie volgens PS3

Al ooit gewonder wat die aantrekking van video speletjies is – op die dieper, meer onderliggende vlak? Hier is ʼn uittreksel uit een poging om dit te verduidelik:

What’s the appeal? It boils down to this: when it comes to our current existence, video games are even better than the real thing. We’re talking digital salvation here, digital transcendence. As Jane McGonigal, game designer and futurist, puts it ‘Where in the real world is that gamer sense of being alive, focused and engaged in every moment?’

Where, indeed?

In a pew on a Sunday morning?

This is, in part, why the church is diminishing in the West: there has never been a better alternative to the benefits offered by religion than those proffered by entertainment technology. And these are offered wholesale, at little cost. No need for the death of the ego, all that’s required is surrender to machine-constructed dreams, where you can run your own cosmos.

Life, and life to the full, can now be found online with a tribe of friends, tearing down evil empires and constructing fantastical avatars. In reality, however, the church surely has something even better to offer…

Doesn’t it?

(Afgekyk by Jason Gardner, Last Night a Video Game Saved My Life (LICC). Lees die res, plus fassinerende statistieke van die omvang van die fenomeen hier)

Wat my rêrig hiervan getref het, is dat die kerk een van 2 opsies het:

  • dit kan probeer kompeteer met die $68-miljard-per-jaar vermaaklikheids-tegnologie industrie om ons te vermaak, en agter oor probeer buig om vir ons te gee wat ons soek.
  • Of dit kan van ons verwag om ons eie ego’s nek om te draai om vir ons te gee – nie noodwendig wat ons soek nie – maar wat ons nodig het.

As jy so daarna kyk, kan die kerk net verloor. Hoe trek jy enige iemand as die alternatiewe so belowend lyk en jou eie produk soveel kos?

Ek dink die antwoord lê êrens in die volgende:

Jy bied vir hulle iets prysloos, iets so aantreklik, iets so blywend dat die grootste ‘rush’ wat ‘games’ kan bied, steeds voel soos net dit: “[a] sense of being alive, focused and engaged in every moment”. Ek wil nie net ʼn ’sense’ hê nie – ek wil waarlik lewendig, gefokus en betrokke in elke oomblik wees. En nie net in die oomblik nie. Ook soos ek opstaan om aan te gaan met die res van my lewe.

Waar kry ek dit? In die regte wêreld. In ʼn verhouding met ʼn ware persoon. ʼn Held wat nie bloot in ʼn fantasie wêreld bestaan nie. Wat nie verwag dat ek hom koop nie want hy’t sy alles verpand om my te bekostig. Wat my nooi om deel te word van ʼn uitgesoekte bende wat hom volg op reis deur diep en donker plekke, na ʼn stad van oorvloed.

Wat’s ʼn ego in ruil?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: