Cliché no3: “My geloof is ‘n persoonlike ding”

Ek het so paar jaar terug (op ‘n ander blog) op die volgende woorde afgekom…

“..ek was jare laas in ‘n kerk, buiten vir troues of begrafnisse…Maar ek glo in God. Ek sien Hom elke dag werkskaf in my lewe…En ek glo ek het ‘n verhouding met hom. Ek onthou elke keer om dankie te sê wanneer iemand daai gaatjie in my lewe toe te stop. Sommer so ‘n skietgebedjie, wat net sê dankie Liewe Jesus. Ek glo Hy is daar. Maar ek glo ook dat Hy nie so kleinlik is om van my te verwag om te maak of ek gelukkig is in ‘n kerk nie. Dit is ‘n persoonlike verhouding wat ons het. Ek praat nie uit daaroor nie, maar ek glo dat op my manier, ‘connect’ ek waar dit nodig is. (My geloof is) tussen my en HOM. Die wêreld hoef dit nie te sien nie. Ek WEET dit. En Hy weet dit. Dis genoeg.”

“Lone Ranger” Christenskap

Ek is seker ons almal het al ‘n soortgelyke argument gehoor  (dalk dit self so verwoord?!)…iets in die lyn van: “My geloof is ‘n persoonlike ding, ek sien geen nut daarin om die hele ‘kerk’ ding te doen nie”. Dit klink goed, dit klink selfs ekstra “spiritual”…maar die vraag is: is dit Bybels?

Nou, soos met die vorige clichés wat ons al na gekyk het, steek daar weereens waarheid in hierdie woorde. Daar is verseker ‘n mate waarin ‘n mens se geloof ‘n “persoonlike ding” is. Ons almal gaan eendag voor ons Skepper en Regter te staan kom en PERSOONLIK aanspreeklik gehou word vir die manier wat ons Hom en Sy Skepping hanteer het. In hierdie lig gesien, is jou geloof  verseker ‘n persoonlike saak tussen jou en God. Niemand van ons gaan eendag by die poorte van die hemel “brownie” punte kan kry op grond van ons kerk, ouers of vriende se verhouding met God nie.

Maar die idee van ‘n “Lone Ranger” Christenskap, waar ‘n mens se geloof NET ‘n realiteit tussen jou en God kan wees, is totaal en al onbybels en niks anders as die stuiptrekkings van Westerse-individualisme nie. Die Bybel is vol van tekste wat die punt maak dat Christenskap ‘n spansport is…’n God-georkestreerde beweging van mense, wat tot nuwe lewe in Christus gebring word, sodat hulle SAAM, as die liggaam van Christus in die wêreld sal funksioneer.

‘n Goeie plek in die Bybel wat juis hierdie punt maak is Paulus se brief aan die Efesiers. In hierdie brief gee Paulus ten minste 3 groot redes hoekom Christene alles in hulle vermoë  moet doen om hulle verhouding met God, daadwerklik in gemeenskap met ander Christene uit te leef:

1)   Christene bestaan juis, om as die ‘kerk’, verheerliking aan God die Vader te bring (Ef 1v9-10, 3v10)

In Ef 1v9-10 gee Paulus die rede waarom God besluit het om mense tot nuwe lewe in Jesus te bring:

(He) made known to us the mystery of his will according to his good pleasure, which he purposed in Christ, 10to be put into effect when the times will have reached their fulfillment—to bring all things in heaven and on earth together under one head, even Christ.

M.a.w, God se intensie is om mense onder die heerskappy van Sy Seun te bring. Maar wat is God se doel met hierdie hele oefening? Die antwoord bereik ‘n klimaks in Efesiers 3v10: 10His intent was that now, through the church, the manifold wisdom of God should be made known to the rulers and authorities in the heavenly realms,

Die logika is verstommend…Paulus maak die punt dat God, mense Christene maak en hulle onder die heerskappy van Christus bring, met die uiteindelike doel dat elke mag en gesag in die hemelruim na die ‘kerk’ (hierdie bouprojek van God) sal kyk en Hom uiteindelik daarvoor sal verheerlik.

Die ‘kerk’ is God se primere voertuig vir Sy verheerliking, nie bloot individuele Christene nie!

2)   Christene is mense wat deur die kruisdood van Jesus, nie net met God nie, maar ook met mekaar versoen is (Ef 2v12-22)

Die feit dat Jesus gesterf het om mense met God te versoen, is vir alle Christene baie kosbaar. Maar meeste van ons onderbeklemtoon die ander kant van hierdie muntstuk – dat Jesus deur sy kruisdood ook ‘ horisontale versoening’ teweeg gebring het – dat Christene mense is wat nou ook deur die bloed van Jesus met MEKAAR versoen is:

13But now in Christ Jesus you who once were far away have been brought near through the blood of Christ. 14For he himself is our peace, who has made the two one and has destroyed the barrier, the dividing wall of hostility,15by abolishing in his flesh the law with its commandments and regulations. His purpose was to create in himself one new man out of the two, thus making peace (Eph 2v13-15)

Hierdie waarheid verdien baie meer aandag as wat ons dit krediet gee: Jesus het sy lewe gegee om die muur van skeiding tussen mense te verwyder. As dit die geval is, hoe kan ons steeds onder die faandel van Christenskap die mure van skeiding wil ophou en gemeenskap met ander Christene vermy? Die harde waarheid is dat so ‘n verstaan van Christenskap basies die kruisdood van Jesus terug in God se gesig gooi.

3)   Christene is verbind aan mekaar deur die Heilige Gees (Ef 4v1-4)

Ek wonder of jy al ooit so oor jou verhouding met ander Christene gedink het? In Efesiers 4v4 gee Paulus die volgende bevel: 3Make every effort to keep the unity of the Spirit through the bond of peace. Die interresante ding hier is dat Paulus nie sê dat ons ‘n eenheid onder Christene totstand moet bring nie, maar dat ons die eenheid wat die Gees KLAAR tussen ons gesmee het – die band van vrede – nou moet BEHOU.

Hierdie waarheid is verstommend en verdien ook baie meer aandag in hedendaagse Christenskap. Omdat alle Christene (deur geloof in die evangelie) met dieselfde Gees beseël is (Ef 1v13), beteken dit dat daar nou ‘n daadwerklike band tussen hulle bestaan. En hier het ons nodig om te onthou dat die Heilige Gees ‘n persoon is. Hy is nie ‘n onpersoonlike krag, wat totaal apart van mekaar, opgebreek kan word in so 2% in hierdie persoon en so 5% in daardie persoon nie. Nee, dieselfde Heilige Gees woon tergelyketyd, tenvolle in elke Christen. Wat dit beteken is dat daar ‘n kragtige band tussen alle Christene bestaan, of ons dit nou besef of nie. Christene geniet ‘n eenheid wat die Gees tussen hulle gesmee het (1v13).

Christene is “mense in gemeenskap”, want God is “drie Persone  in gemeenskap”

Indien jy dit nog nie opgetel het nie, is al 3 bogenoemde redes vir ‘Christen-gemeenskap’ gewortel in die Drie-Eenige natuur van God. God is in Sy diepste wese ‘n gemeenskap van drie Persone (God die Vader, God die Seun en God die Heilige Gees) – totaal uniek van mekaar, maar ook tenvolle bevredig en gelukkig met mekaar se geselskap. ‘n Mens sou dus verwag dat so ‘n God se spesiale bouprojek, naamlik ‘die kerk’, Hom ook in hierdie verband sou naboots.

So…kan ‘n mens se verhouding met God ‘n realiteit wees wat heeltemal onafhanklik van ander Christene se verhouding met God bestaan? Ek dink nie so nie. Indien dit die geval is, behoort dit vir jou ernstige rooi ligte te laat flikker!



Advertisements

4 Responses to Cliché no3: “My geloof is ‘n persoonlike ding”

  1. Joseph says:

    Miskien kan hierdie ook nuttig wees in die gesprek:
    “Ons moenie van die samekomste van die gemeente af wegbly soos party se gewoonte is nie, maar mekaar eerder aanmoedig om daarheen te gaan, en dit des te meer namate julle die oordeelsdag sien naderkom.”

    Dus, 1) as ‘n mens nie “glo” dat jy kerk toe hoef te gaan nie, maar 2) nogsteeds die Bybel as jou maatstaaf van leefwyse aanvaar, dan sit jy met ‘n uitdaging … jy moet tussen 1) of 2) kies. Wel, as ek se ek is ‘n Christen, ek glo aan Christus, wat die Bybel se aangaande Jesus, dan hou ek mos vas aan wat die Bybel se en moet ek beslis van opinie 1) afstand doen.

  2. Pingback: God (Marriage) not Church (Wife) «

  3. Pingback: Belief ≠ A Departing Bee «

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: