Cliché no2: “Al wat jy moet doen is – glo”

Ek weet nie van julle nie, maar in ‘n gesprek oor hoe ‘n mens kan seker maak dat jy hemel toe gaan, het ek al baie keer min of meer die volgende woorde gehoor: ” Al wat jy moet doen is – glo”.

Nou…soos met al die ander clichés op ons lys, is daar natuurlik baie waarheid in hierdie stelling. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat die ENIGSTE manier wat enige mens gered kan word (regverdig in God se aangesig kan wees), is om te “glo” in die kruisdood en opstanding van Jesus. Rom 3: 20-4:25 is baie duidelik daaroor dat die evangelie, die goeie nuus is dat God self, deur middel van die perfekte lewe, die sonde-absorberende dood en die vrysprekende opstanding van Sy Seun, Jesus, ‘n uitweg gevind het om sondige mense met Homself te versoen. Die manier wat ‘n mens dan inderdaad “regverdig” in God se aangesig kan staan is om DEUR GELOOF ALLEEN verbind te word met Jesus, en daardeur al die  voordele van sy perfekte lewe, dood en opstanding te geniet. Op hierdie manier verstaan, is al wat ‘n mens moet doen – om te ‘glo’.

Daar is egter gewoonlik TWEE groot probleme wanneer die gemiddelde man op die straat hierdie cliché rondgooi:

  1. Die woord “geloof” in hierdie konteks word nie altyd korrek verstaan nie

Dit is belangrik om te verstaan wat die Bybel bedoel wanneer dit die woord ‘geloof’ gebruik. My vrees is dat die gemiddelde kultuur-Christen daarbuite dink dat om “te glo”, beteken –  dat jy jou oë moet toe knyp en jouself  moet “opsaaik” (ja, dis my eie woord en spelling!) dat daar regtig ‘n ou met die naam Jesus gelewe het, wat regtig gesterf en opgestaan het.

Natuurlik is die oortuiging van Jesus se letterlike bestaan, dood en opstanding, krities…maar om oortuig te wees dat daardie Bybelse waarhede regtig gebeur het is nie ‘geloof’ nie. ‘Geloof’ beteken letterlik: “om te vertrou”…om met al jou gewig te steun op ‘n realiteit. Met ander woorde, Bybelse geloof, is dit wat gebeur wanneer ‘n mens, wat deur die werk van die Heilige Gees oortuig IS van Jesus se lewe, dood en opstanding, in daardie historiese feite – spesifiek in die persoon van Jesus – sy vertroue plaas…dat Jesus as sy/haar middelaar opgetree het.
Hierdie tipe ‘geloof’…is ligjare anders, as om jou oë toe te knyp en jouself op te “saaik” oor dinge wat eintlik nie ‘n lewende realiteit vir jou is nie.
    2.  Die waarheid word misbruik om ‘n godelose lewenswyse te regverdig

Hierdie cliché word ook baie keer gebruik om mense rustig te  laat slaap wanneer hulle lewens nie te waffers lyk nie. Gewoonlik, wanneer iemand angstig is oor die sonde in hulle lewe, dan sal hulle hulle-self probeer gerusstel dat dit in elk geval geloof (en nie werke is nie) wat ‘n mens kan red. Alhoewel dit heeltemal waar is dat ons net deur geloof in Jesus alleen gered kan word…het ons egter nodig om duidelik te wees oor die Bybelse verwantskap tussen geloof en dade. Jakobus is kristal helder hieroor in Jakobus 2v14-17:
14 What good is it, my brothers, if someone says he has faith but does not have works? Can that faith save him? 15 If a brother or sister is poorly clothed and lacking in daily food, 16 and one of you says to them, “Go in peace, be warmed and filled,” without giving them the things needed for the body, what good is that? 17 So also faith by itself, if it does not have works, is dead.

Die punt is duidelik. ‘n Geloof wat nie oorgaan in ‘n veranderde lewe nie, is nie ‘n halwe geloof nie…dit is nie ‘n swak geloof nie…dit is ook nie eens ‘n klein geloof nie…dit is glad nie geloof nie! Johannes Calvyn het hierdie waarheid so mooi gestel: “Justification is by faith alone, but a justifying faith is never alone”.

So…is dit waar dat ons NET moet ‘glo’?
Die antwoord is ‘JA’…asook ‘NEE’…dit hang alles af van wat jy met daardie woorde bedoel.
Advertisements

2 Responses to Cliché no2: “Al wat jy moet doen is – glo”

  1. Jurgens Nel says:

    Great post Poen!

    So vetroue in die feit dat Jesus as my middelaar optree is “crucial” maar mag ek byvoeg dat vetroue in die feit dat Jesus koning is oor die heelal, skepper is van die heelal en almagtig daaroor regeer hang net so gewigtig as die feit dat hy die enigste uitkoms is uit die penarie waarin ek myself bevind as gevolg van my sondigheid teenoor God.

    Die gevolg van my vetroue in Jesus as koning is dan dat ek die kroon van my kop afhaal en terug gee aan Hom wat dit werklik verdien en sodoende dien ek nou vir Jesus en verander my lewe om in lyn te kom met wat my koning van my verwag.

    Daarom is dit dan onmoonltik om te se ek “glo” in Jesus maar nog steeds ‘n lewe te lei wat 100% gerig is op myself , my eie behoeftes en my eie wysheid.

    • Johan Verster says:

      Well said…ek kon dit nie beter verwoord het nie…Ja, jy’s reg…ek het dit gemis! Die “Lordship” van Jesus is ‘n kritiese aspek van die evangelie wat ‘n daadwerklike lewe van bekering vereis.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: