Russell Brand sit sy vinger op die probleem

Die kerkvader, Augustinus van Hippo (354 – 430), het honderde jare gelede die spyker op die kop geslaan met die woorde: “Our hearts are restless until they find their rest in thee (God)”. Wat hy basies hiermee bedoel het is dat daar in elke persoon op aarde ‘n “jeuk” in die hart is, ‘n dors wat geles wil word, ‘n naaktheid wat bedek wil word, ‘n honger wat bevredig wil word…wat net in ‘n lewende verhouding met God tot realisering gebring kan word.

Dit is met hierdie waarheid in gedagte, dat Russell Brand (die bekende Engelse komediant, skrywer, Hollywood akteur, en man van die pop sangeres, Katy Perry) se onlangse televisie onderhoud met die BBC se Jeremy Paxman so treffend was. In hierdie onderhoud maak Russel Brand basies die punt dat hy totaal en al gefrustreerd is met ‘n lewe (sy lewe) wat “fame” na gejaag het, maar wat steeds leeg en onbevredig is. Alhoewel hy in redelike ‘New Age – spiritualistiese’ katogoriee kommunikeer, is dit duidelik dat Hy oortuig is dat die werklike betekenis van die lewe nie in selfverwesenliking gevind kan word nie, maar in “God”.

Hier is ‘n paar van die opmerkings wat hy gemaak het…

  • “I would like to use my energy for something better”
  • “What does it mean to be famous…ashes in my mouth”
  • “I would like to explore the possibility of greater things”
  • “We have within us a yearning for something higher”
  • “All desire is the desire to be one with God in substitute form”
  • “Perhaps we can draw attention, not to the shadow on the wall, but the source of light itself”
  • “I am trying to be a better person”
  • “If we can popularize a different narrative, perhaps the world can change”
As Christen is ek oortuig dat die “yearning for something higher”, “the desire to be one with God” nie gevind kan word deur bloot ‘n “better person” te word nie, maar om deur geloof en bekering in die God-man Jesus, deur die krag van die Heilige Gees, eens en vir altyd met ons Skepper versoen te word. Dit is hierdie “narrative” alleen – die evangelie –  wat die wêreld kan en sal verander…
Mag Russell Brand (en elkeen van ons) by die ware fontein van lewe ons bevrediging vind!

Afgekyk vanaf “The Urbanpastor” (http://theurbanpastor.wordpress.com)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: