Cliché no1: “My God is ‘n God van liefde”

Ek is seker ons almal het al hierdie woorde gehoor. Iets in die lyn van: “My God sal nooit so iets doen nie, Hy is ‘n God van liefde”.

Hierdie opmerking word gewoonlik ge-uiter deur n persoon (baie keer met goeie bedoelings) wat beswaar wil maak teen die sprake dat God mense vir ‘n ewigheid hel toe sal stuur. ‘n Aktuele voorbeeld hiervan is die bekende Amerikaanse pastoor, Rob Bell, se nuwe boek (“Love wins”), waar hy basies die punt maak dat geen persoon vir ewig onder God se oordeel (maw, die hel) sal staan nie, WANT…op die einde van die dag, is God ‘n God van liefde – “Love wins”.

Op die oog af klink hierdie tipe redenering baie oulik en baie aanloklik. (1) Dit resoneer met elke Christen se diep begeerte om God se “goeie naam” te beskerm en (2) dit blyk in lyn te wees met verse in die Bybel wat die punt pertinent maak dat God liefde is (1 Johannes 4:16). Maar die groot vraag wat in die verband gevra moet word is: ‘Is die feit dat God ‘n God van liefde is die enigste karaktereienskap wat die Bybel aan Hom toeskryf?

Die antwoord is natuurlik ‘nee’. Die Bybel is baie duidelik daaroor dat alhoewel God verseker ‘n God van liefde is, is Hy ook ‘n God wat heilig is (Ps 99:9; Jes 6:3), en Hy is ook ‘n God wat totaal regverdig is (Ps 11:7; 2 Tim 4:8). ‘n Mens moet ook nie die fout maak om te dink dat hierdie verskillende (en nog baie ander) karaktereienskappe van God, soos die verskillende ligte van ‘n verkeerslig, afsonderlik aan en af gesit kan word nie…die realiteit is dat God tergelyketyd tenvolle liefdevol, heilig en regverdig is. Een van die implikasies hiervan is die volgende: indien God (soos die cliché gaan) in die naam van ‘liefde’, onheilige en onregverdige sondaars in Sy teenwoordigheid sou verwelkom, dan sou Hy nie meer heilig of regverdig wees nie. En selfs God kan dit nie doen nie…Hy kan nie homself verloën nie (2 Tim 2:13).

Die werklik vraag wat gevra moet word – en wat die groot vraag is wat die hele Ou Testament uitskreeu – is dit: Hoe is dit dan ooit moontlik vir ‘n heilige en ‘n regverdige God om in liefde op te tree en onheilige en onregverdige sondaars in Sy teenwoordigheid in te bring, sonder om Homself te verloën, of om hulle te verwoes?

Hierdie is die “million-dollar” vraag wat geen ander godsdiens kan beantwoord nie, en wat net in die kruisdood van Jesus bevrediging vind. Die kruisdood van Jesus is die God-georkestreerde gebeurtenis waar God (gedryf deur Sy verstommende liefde) sondaars Sy kinders maak (Rom 5:8), en waar Hy tergelyketyd Sy heiligheid bevredig (Rom 3:25a) en Sy regverdigheid betoon (Rom 3:25b-26).

My God is ‘n God van liefde, heiligheid en regverdigheid…en alle lof aan Jesus dat dit so mag wees, en dat ek kan bly lewe!

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: