Die doel van godsdiens is nie ‘goeie kinders’ nie

In ‘n artikel hierdie week op “Parent24” het die skrywer die punt gemaak dat hy dit sterk oorweeg om sy kinders godsdienstig (ja, selfs Christelik) groot te maak, omdat die statistieke wys dat godsdienstige kinders oor die algemeen ‘beter’ uitdraai as die res – hulle rook minder, gebruik minder dwelms, vloek minder ens. Die skrywer se observasie mag dalk waar wees…maar is dit die rede hoekom ‘n mens jou kinders godsdienstig sal wil groot maak?

Die Bybel is baie duidelik daaroor dat die doel van godsdiens nie is om “agtermekaar” mense vir die samelewing te produseer nie, maar om eerder mense te bring (en te laat groei) in ‘n lewende verhouding met God. Die doel van godsdiens is vertroue en gehoorsaamheid aan ons Skepper. Luister na God in Psalm 50 in die verband:

8 I bring no charges against you concerning your sacrifices 
   or concerning your burnt offerings, which are ever before me. 
9 I have no need of a bull from your stall 
   or of goats from your pens, 
10 for every animal of the forest is mine, 
   and the cattle on a thousand hills. 
11 I know every bird in the mountains, 
   and the insects in the fields are mine. 
12 If I were hungry I would not tell you, 
   for the world is mine, and all that is in it. 
13 Do I eat the flesh of bulls 
   or drink the blood of goats?

 14 “Sacrifice thank offerings to God, 
   fulfill your vows to the Most High, 
15 and call on me in the day of trouble; 
   I will deliver you, and you will honor me.”

Ouer, hoekom is jy so gretig om jou kind by die kerk te kry? Wat dink jy is die doel met die liedjies wat gesing word? Die versies wat geleer word? Die prentjies wat ingekleur word? Is jy besorg oor jou kind se maniere? Of is jy besorg oor jou kind se siel?

God stel nie belang om “nanny” te speel en ons kinders oulik en gebalanseerd groot te maak nie. God is eerder in die besigheid om geestelike dooie kinders (en volwassenes) nuwe lewe in Jesus Christus te gee. Die ironie is dat sulke mense – mense wat radikaal deur die evangelie verander is – inderdaad die “beste” burgers van ‘n samelewing sal uitdraai.

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: