“Freedom Day” – regtig?

Vandag (27 April) is “Freedom Day” in Suid Afrika. Die dag was in gestel om die vryheid van alle Suid Afrikaners te vier, asook die herdenking van die eerste post-apartheid verkiesing (1994).

Die ironie is egter dat miljoene mense in Suid Afrika nie so vry is soos wat hulle voorgee om te wees nie. Ja, ons mag dalk nou almal in staat wees om te stem, om goeie onderrig te geniet, om goeie werks geleenthede te kry ens…maar ons is alles behalwe “vry”. Die Bybel maak dit baie duidelik dat ons almal van nature af mense is wat in slawerny vasgevang is. Ons is nie van nature af in n versoende verhouding met God nie EN gevolglik slawe van die Duiwel, n gevalle wêreld, ons eie sonde en die dood (Jn 8:34; 1 Kor 7:23; Rom 6:16; Col 1:13; Heb 2:15; 2 Pet 2:19)

Maar prys God vir die WARE “Freedom Day” wat ons laas Vrydag gevier het (Goeie Vrydag). Die goeie nuus van Christenskap is dat elkeen van – deur geloof in Jesus se dood en opstanding – nou WARE vryheid kan geniet (Rom 6:22; Gal 5:1).

Mag vandag se “Freedom Day” vir jou op beide vlakke waar wees!

Leave a comment