Leer n les vanaf die (gewese) oudste man in die wêreld

Die oudste man in die wêreld, Walter Breuning, wie se lewe oor drie eeue gestrek het (1897-2011), het gister op die ryp ouderdom van 114 jaar sy laaste asem uit geblaas. In n onderhoud n paar maande terug, het Walter Breuning die volgende tesê gehad oor sy verstommende uithouvermoë: “We’re all going to die. Some people are scared of dying. Never be afraid to die. Because you’re born to die”.

Walter Breuning se woorde (asook sy dood) behoort ons almal te herinner aan die “obvious” waarheid wat meeste van ons eerder verkies om te vergeet (of te ignoreer) – en dit is – ONS ALMAL GAAN EENDAG STERF. ‘Die dood’ gaan vir party van ons omkant betrap, terwyl ander van ons, soos Walter Breuning, dit stadig maar seker gaan sien nader kruip. Maar ons almal gaan sterf…daar is geen manier om dit nie…die is hoe dit is.

Maar daar is goeie nuus, of soos die Bybel daarna verwys, “evangelie”…God het iets verstommends gedoen om die angel van die dood eens en vir altyd uit te trek: God self het in die persoon Jesus mens geword, en alhoewel Hy die perfekte lewe kom lei het, het Hy soos n sondaar aan n kruis kom sterf om die loon van die sonde – naamlik die dood – te kom betaal. Maar Jesus se dood was nie die einde van die storie nie…Hy het 3 dae later die kake van die dood oop gebreek en deur Sy opstanding, nie net bewys dat Hy waarlik die Here is nie (Rom 1:4), maar ook n weg oop gebreek – sodat die wat in Sy dood en opstanding vertrou – nou saam met hom kan uitroep:

“Dood, waar is jou oorwinning? Dood, waar is jou angel?” (1 Kor 15:55)

Advertisements

One Response to Leer n les vanaf die (gewese) oudste man in die wêreld

  1. Cobus van Rooy says:

    Hoeveel diepte is nie in die: “..Because you’re born to die..”

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: