Rus – die Sabbat

his Sabbath is then kept holy unto the Lord, when men, after a due preparing of their hearts, and ordering of their common affairs beforehand, do not only observe an holy rest all the day from their own works, words, and thoughts about their worldly employments and recreations; but also are taken up the whole time in the public and private exercises of his worship, and in the duties of necessity and mercy.

Westminster Confession

Die Puritans, dit is nou van die eerste Protestante in die 16de en 17de eeu, het geglo dat die Sabbat geheilig moet word, hulle het geglo dis ‘n opdrag van God.

Rus is nodig.

In die tyd waarin ons lewe is die kuns van rus ‘n verlore konsep. Almal is oorwerk en buiten die werk is daar soveel ander verpligtinge. Soos wat ons fisies rus nodig het is dit ook nodig vir ons siele om te rus. Ons kort spirituele rus, soos wat die Puritans die Sabbat gebruik het.

Daar is iets soos jouself oorwerk vir ‘n goeie doel – ‘n statistiek van leiers in die bediening (dis nou “dominees”) in Amerika wys dat 90% van hulle voel oorwerk en 50% van die wat permanent in die bediening ingaan val uit binne vyf jaar.

God wil hê ons moet rus.

Deur die Bybel sien ons die belofte van rus. Die belofte, konsep van rus  is een van vrede, vertroue en afhanklikheid van God. Jesus se woorde resoneer met hierdie gedagte as Hy sê

The Sabbath was made for man, not man for the Sabbath.” Mark 2:27

Laat jy jouself ‘n dag, selfs ‘n tydjie, toe om spiritueel te rus? As nie, wat is die rede hiervoor?

 

Van Sabbath: Rest is More, Winfield Bevins

Advertisements

5 Responses to Rus – die Sabbat

  1. AndréV says:

    Ek verstaan nie wat hier bedoel word nie.
    Wat is spiritiele rus?

  2. Andre,

    Ek vertrou dit gaan goed daar?

    Die woord orde is miskien die probleem.. So die persepsie uit “..spirituele rus..” mag wees dat mens jou “spirituele bestaan” (as ek dit so kan noem) rus, met ander woorde jy rus jou geloof. Dit is nie wat ek probeer oordra nie, of te wel wat Bevins probeer oordra nie..

    Ek verstaan dit as om te rus van ons alledaagse gejaag en tyd toewy om in God te rus. As ek die stukkie in Mark 2 lees dan dink ek hoe fantasties dit is dat God vir ons die Sabbat geskep het.

    Ek gaan die naweek bietjie weg en ek sien dit as ‘n baie goeie tyd om Sabbat te vat..weg te breek van die gejaag en te rus met die letterlike toepassing van meer Bybel lees, meer bid en meer te praat van God as wat ek vandag by die werk gaan doen. Ek gaan terug kom (as dit God se wil is), met nuwe insigte en ‘n sterker verhouding met God. ‘n Geleentheid waarna ek baie uitsien, iets waarvoor ek baie dankbaar is.

    Groete

    • AndréV says:

      Hallo Cobus,

      Dit gaan baie goed hier dankie. Die Here is baie goed vir ons.

      Nou verstaan ek beter dankie.
      Dit klink vir my (soos met meeste Geestelike dinge) andersom, as waaraan ons in die Vlees gewoond is.
      So ons word einltik Geestelik moeg omdat ons die hele tyd Geestelik rus.
      Nou gaan jy weg om Geestelik aktief te word sodat jy nie so Geestelik moeg is die hele tyd nie.

      Oor die Sabat dink ek kan ons nog baie meer sê. Die Sabat is in Christus ook vervul.
      Wat dink jy hiervan:

      LAAT ons dan vrees dat, terwyl die belofte om in sy rus in te gaan nog standhou, dit nie miskien sal blyk dat iemand van julle agtergebly het nie.
      Want aan ons is die evangelie ook verkondig net soos aan hulle; maar die woord van die prediking het hulle nie gebaat nie, omdat dit by die hoorders nie met die geloof verenig was nie.
      Want ons wat geglo het, gaan die rus in, soos Hy gesê het: Daarom het Ek in my toorn gesweer, hulle sal in my rus nie ingaan nie — alhoewel sy werke van die grondlegging van die wêreld af volbring is.
      Want Hy het êrens van die sewende dag so gespreek: En God het op die sewende dag van al sy werke gerus; en nou hier weer: Hulle sal in my rus nie ingaan nie.
      Terwyl dit dan so is dat sommige daar ingaan, en diegene aan wie die evangelie eers verkondig is, deur ongehoorsaamheid nie ingegaan het nie, bepaal Hy weer ’n sekere dag, naamlik vandag, as Hy soveel later deur Dawid spreek, soos gesê is: Vandag as julle sy stem hoor, verhard julle harte nie.
      Want as Josua aan hulle rus gegee het, sou Hy nie van ’n ander dag daarná spreek nie.
      Daar bly dus ’n sabbatsrus oor vir die volk van God; want wie in sy rus ingegaan het, rus ook self van sy werke soos God van syne.

      • Soos jy se, daar is soveel om nog te se van rus!

        Die rus soos hier in Hebreers 4 wat jy aanhaal (en so goed opbou in Heb 3). ‘n Rus wat Moses of Joshua nie kon gee, maar wat Jesus gee.. Veral vir die Joodse Christene waarvoor dit geskryf is is die waarskuwing uit Ps 95 en die parallel met die stuk iets wat by hul sou resonneer – soos wat dit vandag met ons moet. Daar is nog soveel meer soos die rus van eendag en die rus van nou in ons verlossing.

        So in daardie lig is my gebed om geestelik altyd aktief te wees en dus in die rus, gedeeltelike rus, wat Jesus vandag vir ons beskikbaar maak, in dit wat Hy voltooi het, te leef.

  3. AndréV says:

    Prys die Here.

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: