Van Dwaasheid

Is wysheid een van die eerste goed wat lei onder die invloed van sonde? Die slagoffer van jou dwaasheid is tot die grootste mate jouself. Kyk na die voorbeeld van Dawid en Bathseba. Die vraag wat mens vra as mens daarna kyk is “hoe kon hy so dom/dwaas wees?”.

Hoeveel keer het jy dit nie al van ander gesê nie? Hoeveel keer het jy nie na iets gekyk wat jy aangevang het en by jouself gedink “wat het ek gedink?”. Paul Tripp kyk na van die vier duidelikste aspekte van dwaasheid:

Dwaasheid van Selfgesentreerdheid: Ons almal is geskep om te lewe vir iets groter as onsself, ons lewe vir God se glorie, Sy wil en om in dit te leef. Ons skiet kort en lewe vir selfbevrediging, in selfsug. Nie? Vra jouself af: Hoekom raak jy ongeduldig? Hoekom raak jy kwaad vir ander? Hoekom kry jy jouself jammer? Dit gebeur omdat dinge nie verloop soos wat jy beplan of wil hê nie.

Dwaasheid van Misleiding (van jouself): Ons kyk na wat ons gedoen het in dwaasheid en regverdig dit. Ons mislei onsself in dat ons glo wat ons gedoen het het ons gedoen vir God. Ons verhewe ons motiewe in valsheid.

Dwaasheid van Genoegdheid (in jouself): Ons glo ons het niks buite onsself nodig nie. Ons kan regkom met ons eie krag en keuses. Ons kyk nie na dit wat God vir ons beskikbaar maak nie. Ons trap in dieselfde strik as Adam en Eva en glo dat ons gelyk aan God kan word.

Dwaasheid van Regverdiging (van jouself): Hoekom sien ons nie God in die lig wat Hy verdien? Hoekom voel ons nie die afhanklikheid van God en die dankbaarheid wat daaruit vloei? Ons dink ons is beter as wat ons is! Ons vertel vir ander van ons fantastiese dade en dink ons is soveel beter as wat ons eintlik is. Tripp stel dit baie goed as hy sê:

Grace is the plea of sinners. Mercy is the hope of the wicked. Acceptance is the prayer of those who know that they could never do anything to earn it. But the foolishness of sin makes me righteous in my own eyes.

Waar vind ons dan wysheid? Kry ons dit in boeke of in opleiding? Ons vind dit in die verhouding in Die Een wat ons gered het uit dwaasheid. Die Bybel maak die radikale verklaring dat wysheid nie reels of ‘n stelsel of regulasies is nie, dis ‘n persoon. Soos wat ons in die verhouding staan met Wysheid groei ons uit die dwaasheid uit. Jy gaan dit nie heeltemal van wegbreek nie, maar eindag sal ons in die perfekte wysheid van dit wat God is staan.

Tot dan moet ons wysheid soek soos Dawid in Psalm 51.

Uit You’re Fooling Yourself, Paul Tripp

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: