Groei in Afhanklikheid

Om te groei in afhanklikheid van God is iets wat elke Christen moet nastreef. Dit is ons groei in die verhouding met God. Darrin Patrick, in die artikel Cultinvating Dependence on God, noem paar maniere om hierdie van dag tot dag te doen:

Raak afhanklik van God deur middel van vas: In Matt 6:16 sê God dat wanneer ons vas, nie as ons vas – dit is ‘n opdrag. Vas is ‘n manier om jouself bewus te maak van jou afhanklikheid van God. Gebruik die tye wat jy sou eet om na te dink oor God, of lees ‘n stukkie skrif of bid of spandeer sommer net tyd by God saam met ander.

Raak afhanklik van God deur middel van Meditasie: Darrin Patrick noem dat hy sy meditasie tyd gebruik om na te dink oor n stukkie skrif. Dink na en vrae jouself af wat dit beteken en implikasies – laat die Gees jou lei in meditasie tot die oopbreek van die Woord.

Raak afhanklik van God: Daai is menigte ander maniere om die afhanklikheid te kweek, memoriseer verse, rus op die Sabbat, dien ander, prys God.

Onthou net om nie te fokus op die “afhanklikheids-dade” wat jy doen nie; word bewus van die nabyheid van God. Hierdie is slegs riglyne, dis nie ‘n lysie wat jy moet tick nie. Almal het hul eie manier om te groei in afhanklikheid van God – laat dit dan jou fokus wees.

 

Leave a comment