Is jy bereid om n Vegetarier te word?

Ek is mal oor vleis…enige soort (steak, tjops, skaapboud, potjie, koue-vleis ens) en in enige toestand (warm, koud, “well-done”, “medium-rare”, noem dit!).  Daar is min dinge wat ek so moeilik sal opgee soos my “liefdesverhouding” met die braaivleis vuur…Dit is vir hierdie rede dat ek Paulus se woorde in 1 Kor 8v13 so verstommend vind – “Daarom, as ek deur wat ek eet, my broer laat struikel, sal ek nooit weer vleis eet nie: ek wil nie my broer se val veroorsaak nie”.

Paulus pen hierdie woorde in die konteks van die Korintiers se vraag oor of hulle die vleis mag eet wat aan n afgod goffer is (8v1). Paulus maak basies die punt dat die eet van vleis wat aan n afgod geoffer was nie regtig saak maak nie – die afgod bestaan nie regtig nie, daar is “net een God: Die Vader, uit wie alles is en vir wie ons lewe; en net een Here: Jesus Christus, deur wie alles bestaan en deur wie ons lewe” (v4, 6). Die gevolg hiervan is dat “wat ons eet, bring ons egter nie nader aan God nie. As ons nie eet nie, verloor ons niks nie; en as ons eet, wen ons niks nie” (v8).

MAAR…daar is ook n ander waarheid wat hier in gedagte gehou moet word. As die eet van vleis n swakker broer sal aanmoedig om teen sy gewete op te tree, dan doen dit nie net skade aan hom nie, maar dan sondig  jy ook teen Christus (v9-11). Dit is vir hierdie rede dat Paulus bereid is om totaal en al vleis op te gee as dit nodig sou wees!

Ek wonder of ons so radikaal soos Paulus sou wees? Wat is daardie ding(e) wat ons onsself mee besig hou, wat ons Christen broers en susters laat struikel en dus direk bydra tot hulle sondeskuld? En selfs meet “scary”…indien jy bewus sou raak van daardie dinge, is jou liefde vir Jesus en vir Jesus se mense so sterk, dat jy bereid sou wees om dit vir altyd op te gee?

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: