Vuil Hande = Hoop?

Lindie Strydom:

“Diens en diensbaarheid is inherent deel van ons Goddelike roeping en vasgelê in die karakter van Jesus in Wie se voetspore ons as dissipels volg. Dit is dus asof jy eers regtig begin asemhaal en leef wanneer jy in Jesus se voetspore en voorbeeld, jou medemens dien. Dien deur te doen wat gedoen moet word. Dien deur te doen wat jou hand vind om te doen soos Prediker se aanmoediging in sy soeke na die sin van die lewe. Dien deur ‘n beter ewewig te skep tussen bevoorregte en minder-bevoorregte.

Soveel van ons gee geskied egter net in ons koppe. Ons dink dit, maar reageer selde prakties op die impuls en aanmoediging van die Heilige Gees. Ek voel dis slegs deur herhaalde blootstelling aan mense wat minder as jy het dat ons goedbedoelde intensies sal oorgaan tot aksie. Dis slegs deur gereeld jou hande vuil te maak – jou hart na jou hande te vat en te laat leef – wat jy die noodsaaklike geestelike dissipline van diens sal verstaan en dan meer pro-aktief sal beoefen.

Dit is in die teenwoordigheid van swaarkry en armoede – daar waar mense werklik arm aan moed is, wat jyself meer en meer oortuig word van Jesus as die enigste bron van Hoop. Ons kan nie vir mense ‘n beter lewe belowe nie, maar ons kan deur praktiese dade van liefde, hulle wys na die bron van Hoop en dis wat hulle selfs meer as brood en ‘n dak oor hulle kop nodig het. Ons almal se grooste nood is om met God versoen te word. Jou kragtigste omgee is dus om Jesus aan te gee.”

Advertisements

One Response to Vuil Hande = Hoop?

  1. marizel says:

    “Daar is iets van God se hart wat `n mens nie kry in groot katedrale, roerende gebedsbyeenkomste, teksgetroue Bybelstudies, diep teologiese boeke en selfs in ure se stiltetyd nie – jy kry dit tussen straatkinders en vigspasiënte, in plakkerskampe en in hoerhuise.

    Jesus het gesê: “Ek was honger en julle het my iets gegee om te eet, dors en julle het my iets gegee om te drink, `n vreemdeling en julle het my gehuisves…”. Dit is deel van God se plan dat die ware Jesus ontdek word tussen die armes, stukkendes en eensames. Mis jy die nood, dan mis jy God.

    Ons mag nie ontaard in `n eksperimentele filosofiese “kyk hoe kreatief is ek” klub waarin die werklike nood van mense net weer `n bysaak en `n tema vir teologiese debat is nie.

    Dit is `n leuen dat ons as volgelinge van Jesus reuse impak sal maak sonder dat dit ons iets kos. Dit het die vroeë Christene hulle lewens gekos. Die gemaklike evangelie is nie die evangelie van Jesus Christus nie. Om Jesus te volg is `n hoë risiko avontuur wat alles vra en lei na die donkerste plekke op aarde.

    Die wêreld het genoeg godsdienstige instellings. Wat nodig is, is `n onselfsugtige community van mense wat permanent op `n uitreik is, wie se karre, huise en beursies saam met hulle tot bekering kom en wat consumerism verruil het vir `n lewe van eenvoud en totale selfopoffering. Ons het `n nuwe spritualiteit nodig vry van materialisme en gemaksug.

    Dit mag moeilik wees om Jesus te volg, maar dit is defnitief nie so ingewikkeld nie. Ongeletterde mense doen dit al eeue lank! Dit mag byvoorbeeld baie moeilik wees om jou goed te verkoop en die geld vir die armes te gee, maar wanneer ons sê dat dit ingewikkeld is, is ons waarskynlik besig om te probeer om ons besittings te behou.

    Ons sal moet besef dat die groot toets nie in die kerk geskryf word nie, maar in die gemeenskap. Daar is te veel leiers wat missionêr wil wees vanuit `n gemaklike studeerkamer, terwyl effektiewe leierskap (Jesus?) nie net vertel nie, maar demonstreer. ”

    Jaco Strydom (www.echoyouth.co.za)

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: