“Solar Panels” en die glorie van God

Ek het nounet met twee “sales-reps” ontmoet oor die moontlike installering van sonpanele om so n bietjie op my elektrisiteits rekening te bespaar…

Die konsep agter n sonpaneel is eenvoudig, maar profound: die paneel op my dak maak die water in my huis warm, maar die paneel is alleenlik instaat om sy funksie te verrig soos wat die son kragtig op dit skyn en dit in staat stel om sy geskape doel te dien.

As Christene word ons geroep om n verskil in die wereld te maak – om lig in die wereld te wees. Dit is ons verantwoordelikheid om radikaal anders te lewe en om ons stad ryklik te seen, maar die grootste fout wat ons kan maak is om onsself op die skouer te klop soos wat ons die vrugte van ons harde werk sien. Die ding is, n Christen is eintlik maar niks anders as n sonpaneel nie…ja, dit is ons verantwoordelikheid om verligting te bring aan die “huis” waarin ons woon, maar ons is slegs instaat om ons funksie te verrig, soos wat die sonstrale van God se Gees kragtig op ons skyn en deur ons werk.

Daar is op die einde van die dag net een “hero” in die storie van die wereld en die stories van ons lewens. Wanneer ookal ons enige iets goed doen, enige pyn verlig, enige verskil in die wereld maak – is dit alleenlik die resultaat van God se genade. Hy kry al die glorie. “For from him and through him and to him are all things. To him be the glory forever” (Rom 11:36)

Advertisements

Leave a Reply

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Google+ photo

You are commenting using your Google+ account. Log Out / Change )

Connecting to %s

%d bloggers like this: